|
· Weet jy wat is God se wil vir jou lewe?
· Bid jy daaroor, en neem jy notas oor die gedagtes wat God in jou plant oor jou lewe?
· Baie mense lees die vers verkeerd. Jy kan enige iets vir God vra - so lank dit binne in Sy wil vir jou lewe is.
· Verder sal God jou net seën volgens die maat waarvolgens Hy jou mee kan vertrou.
· Bid en vra God dus vir wysheid en kennis.
· Onthou, jou karakter verander daagliks soos jy nader aan God stap.
Gebed: Ons Vader wat in die hemel is, ek loof en prys U naam. Dankie dat ek my versoeke vandag vir U kan gee. Amen
Geniet jou Donderdag
Liefde in Koning Jesus
Eben & Mariette Enslin
Kliek op hierdie link om eWoord gratis te ontvang: http://www.mylistmanager.co.za/cgi-bin/uls/uls.cgi?ulsJoin=1162=9 |