| PUBLISHER LINKS |
![]() |
|
|||||||||||||
| ARTICLE TITLE: e-Woord | 06/08/11, 9:05 PM |
| Page views: |
| Author: Eben Enslin for e-Woord |
|
2 PETRUS 3:18 Sorg daarteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en tot in ewigheid! Amen. · Ek wil vandag met julle gesels oor genade. · Genade is een van die moeilikste konsepte om te verstaan. · Sodra jy die konsep van genade verstaan moet jy leer hoe om dit in elke situasie te ontvang. · Genade is God se krag wat in jou omstandighede ingryp om te doen wat jy nie meer kan doen nie! · Jy neem toe in genade deur gedurig op God te vertrou en so Sy genade te ontvang in omstandighede wat vir jou moeilik of selfs onmoontlik lyk. · As jy met iets sukkel in jou lewe, vra jouself eerlik af of jy op God vertrou dat Sy genade in jou behoefte sal voorsien. · Besluit vandag om in God se genade te lewe! Gebed: Ons Vader is die hemel, dankie dat ek op U kan vertrou in elke situasie in my lewe. Dankie dat U genade genoeg is om vandag te help. Amen Geniet jou Donderdag Liefde in Koning Jesus Eben & Mariette Enslin Kliek op hierdie link om eWoord gratis te ontvang: http://www.mylistmanager.co.za/cgi-bin/uls/uls.cgi?ulsJoin=1162=9 Kontak Eben as jou besigheid hierdie daaglikse boodskap wil borg. |
| REGISTERED USER COMMENTS |
| No comments posted for this article. |