| PUBLISHER LINKS |
![]() |
|
|||||||||||||
| ARTICLE TITLE: e-Woord | 05/15/11, 11:20 AM |
| Page views: |
| Author: Eben Enslin for e-Woord |
|
Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? · Dit sal ons dalk goed doen om vir ‘n slag voëls dop te hou. · Dit is wat God sê ons moet doen. · Deur na die voëls te kyk herinner ons onsself hoe goed God vir ons geveerde vriende sorg. · Hulle weet letterlik nie waar hul volgende maaltyd vandaan gaan kom nie en tog sien ‘n mens nooit ‘n voël wat besig is om van stres en bekommernis ‘n senu-ineenstorting te kry nie. · Selfs al worstel jy met ‘n swak selfbeeld moet jy weet dat God vir jou sal sorg en jou baie hoog ag. · Hy sal vir jou sorg! Gebed: Ons Vader in die hemel, dankie dat U vir my sorg. Ek plaas vandag al my bekommernisse op U en weet dat U vir my sal sorg. Amen Geniet jou Vrydag Liefde in Koning Jesus Eben & Mariette Enslin Kliek op hierdie link om eWoord gratis te ontvang: http://www.mylistmanager.co.za/cgi-bin/uls/uls.cgi?ulsJoin=1162=9 Indien jy ons Engelse bediening daagliks wil ontvang, kliek dan hier: http://www.mylistmanager.co.za/cgi-bin/uls/uls.cgi?ulsJoin=1162=10 Kontak Eben as jou besigheid hierdie daaglikse boodskap wil borg. |
| REGISTERED USER COMMENTS |
| No comments posted for this article. |