| PUBLISHER LINKS |
![]() |
|
|||||||||||||
| ARTICLE TITLE: e-Woord | 04/03/11, 4:48 PM |
| Page views: |
| Author: Eben Enslin for e-Woord |
|
Wanneer ons tot God, die Vader van ons Here Jesus Christus bid, dank ons Hom altyd vir julle omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges. · Hoe om vir ander Christene te bid: 1. Dank die Here vir hulle geloof en die veranderings in hulle lewens. (1:3) 2. Vra die Here om hulle te help, sodat hulle sal weet wat Hy wil hê hulle moet doen. (1:9) 3. Vra die Here om hulle geestelike insig te gee. (1:9) 4. Vra die Here om hulle te help sodat hulle vir Hom sal leef. (1:10) 5. Vra die Here om vir hulle meer kennis oor Hom te gee. (1:10) 6. Vra die Here om vir hulle krag te gee om te volhard. (1:11) 7. Vra die Here om hulle met blydskap, krag en dankbaarheid te vul. (1:11) · Hoeveel mense in jou lewe sou geraak kon word as jy so sou bid? Gebed: Ons Vader in die hemel, help en leer my om daagliks vir ander mense te bid. Amen Geniet jou Vrydag Liefde in Koning Jesus Eben & Mariette Enslin Kliek op hierdie link om eWoord gratis te ontvang: http://www.mylistmanager.co.za/cgi-bin/uls/uls.cgi?ulsJoin=1162=9 Kontak ons: Posbus 450; Garsfontein; Pretoria; 0042 Tel: 076 435 8181 Epos: ebenenslin@gmail.com |
| REGISTERED USER COMMENTS |
| No comments posted for this article. |