PUBLISHER LINKS
e-Woord "Daaglikse Woord Bediening"
My publishing home page
Subscribe to my newsletter      
Accolades Popular Publisher!  
Report this as offensive material

ARTICLE TITLE: e-Woord 05/24/10, 8:00 PM
Page views:
Author: Eben Enslin for e-Woord
worldhead EWOORD
DAAGLIKSE INTERNET WOORD BEDIENING
Uitgawe 1054  25 Mei 2010

DEUTERONOMIUM 30:19
Vandag gee ek aan jou die keuse tussen lewe en dood, tussen seën en vloek. Ek roep die hemel en die aarde as getuienis vir die keuse wat jy maak. Mag jy tog die lewe kies sodat jy en jou nageslag mag lewe!

Maak goeie keuses.

  1. Wat bedoel die Here met “lewe kies”?
  2. Daagliks kan jy keuses maak wat bepaal hoe geseënd jy gaan lewe.
  3. Om lewe te kies beteken dat jy God sal lief het jou hele hart, siel en verstand en volgens Sy wet sal lewe.
  4. Dit beteken ook dat jy kies om aan Hom gehoorsaam te wees en jou lewe vir altyd met Hom te verbind.
  5. Wat is God se belofte (vs.20) as jy Hom daagliks kies? ‘n Lang en geseënde lewe in die land wat die Here vir jou gegee het om in te woon!

Gebed: Ons Vader in die hemel, ek kies vandag lewe! Ek kies om U te dien in alles wat ek aanpak. Seën my handewerk vandag Here! Amen.

Geniet jou Dinsdag

 

Liefde in Koning Jesus

Eben & Mariette Enslin


Kliek op hierdie link om eWoord gratis te ontvang: http://www.mylistmanager.co.za/cgi-bin/uls/uls.cgi?ulsJoin=1162=9

www.ewoord.co.za 
eben@ewoord.co.za
Tel: 076 435 8181

REGISTERED USER COMMENTS
No comments posted for this article.


© 2011 All works are copyright of their respective owners and may not be copied without their respective permission. All rights reserved.