- In die Ou Testament was middelaarskap die kern tussen van die volk se ontmoeting met die lewende en heilige God.
- Tussen God en die mens het daar iemand gestaan wat geheilig was om namens die mens te offer.
- Vandag hoef ons nie meer deur offers en altare en priesters by God sy genade te pleit nie.
- Ons kan in die naam van Jesus sy Seun tot God nader. Jesus, Lam van God was die laaste offer en tree nou names ons by die Vader in.
- Daar is net een manier hoe ons Vader kan nader, dit is deur Jesus Christus!
Gebed: Ons hemelse Vader, baie dankie dat U Jesus, U eie Seun vir my lewe geoffer het. Dankie dat ek tot U kan nader deur die kosbare naam van Jesus Christus. Amen
Geniet jou Vrydag
Liefde in Koning Jesus
Eben & Mariette Enslin
Kliek op hierdie link om eWoord gratis te ontvang: http://www.mylistmanager.co.za/cgi-bin/uls/uls.cgi?ulsJoin=1162=9
|