- Wie het die mag om jou lewens omstandighede in 'n oogwink te verander? Is die mag in jou hande of in God se hande.
- God natuurlik!
- Hoe groot dink jy oor jouself en jou behoeftes? Waarvoor bid jy?
- God gaan jou ontmoet op die vlak wat jy verwag!
- Onthou net, God gaan jou oprig tot heerlikheid van Sy naam, en totdat jy dit nie verstaan nie, gaan dinge heel waarskynlik nie verander nie.
- God wil in elke behoefte van jou voorsien, maar tot eer en verheerliking van Sy naam alleen.
Gebed: Ons hemelse Vader, dankie dat U in elke behoefte van my wil voorsien. Help my sodat ek U gedagtes en drome vir my lewe kan sien. Vorm my karakter Vader sodat ek nederig alle eer en heerlikheid vir U kan gee. Amen
Geniet jou Vrydag
Liefde in Koning Jesus
Eben & Mariette Enslin
Kliek op hierdie link om eWoord gratis te ontvang: http://www.mylistmanager.co.za/cgi-bin/uls/uls.cgi?ulsJoin=1162=9
|