- God het Sy belofte vervul aan Abram. Hy het hom die vader van ‘n groot nageslag gemaak.
- God het die belofte gemaak lank voordat dit aan Abraham sigbaar was.
- Elke ding wat in die Woord van God geskryf staan, is ‘n belofte wat regmatig en wettig uitgespreek kan word alvorens dit sigbaar staan.
- Reik uit tot in die geestelike ryk wat jy nie kan sien nie, en spreek God se beloftes hardop oor jou lewe uit.
- Profeteer dit tot ‘n werklikheid wat alreeds bestaan.
Gebed: Ons Vader in die hemel, dankie vir U kosbare Woord. Ek wil U Woord lees, en daagliks gebruik soos U Heilige Gees my lei. Amen.
Geniet jou Vrydag
Liefde in Koning Jesus
Eben & Mariette Enslin
Kliek op hierdie link om eWoord gratis te ontvang: http://www.mylistmanager.co.za/cgi-bin/uls/uls.cgi?ulsJoin=1162=9
|