- Wie gaan verheerlik word as mense jou lig sien skyn?
- Ons Vader in die hemel! Alle eer aan Hom!
- Jesus is die lig van die wêreld en Hy verlig almal wat ‘n verhouding met Hom het.
- Toe Moses tyd in God se teenwoordigheid spandeer het, het sy gesig so geblink dat hy ‘n sluier
moes dra want mense was bang vir hom. God se teenwoordigheid kon gesien word.
- Jou lamp kan net skyn as jy ingeprop is by God se muurprop!
- Bly ingeprop deur in liefde te wandel, meditasie in die Woord, gebed en gemeenskap met
God.
Gebed: Here, dankie dat ek U kan verheerlik deur my houding en optrede vandag! Help my om altyd ingeprop te bly in U kragpunt, sodat U lig helder deur my kan skyn. Amen
Geniet jou Woensdag
Liefde in Koning Jesus
Eben & Mariette Enslin
Kliek op hierdie link om eWoord gratis te ontvang: http://www.mylistmanager.co.za/cgi-bin/uls/uls.cgi?ulsJoin=1162=9
|