PUBLISHER LINKS
e-Woord "Daaglikse Woord Bediening"
My publishing home page
Subscribe to my newsletter      
Accolades Popular Publisher!  
Report this as offensive material

ARTICLE TITLE: e-Woord 03/23/10, 8:49 PM
Page views:
Author: Eben Enslin for e-Woord
worldhead EWOORD
DAAGLIKSE INTERNET WOORD BEDIENING
Uitgawe 1024 24 Maart 2010

SPREUKE 4:25-27

Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit. Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree. Moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers.

Die krag van visie.

  • Het jy ‘n visie vir jou toekoms? Het jy elke stap bepaal hoe om daar uit te kom?
  • Jesus het geweet wat sy doel was.
  • Hy het hom gedissiplineer om op koers te bly; om sy lewe te leef om die doel te bereik waarvoor Hy gekom het.
  • Jou visie moet helder ingeprent wees in jou brein. Inteendeel, jy sal na jou visie toe beweeg sodra jou visie duideliker in jou brein is as jou huidiglike omstandighede.
  • God het ‘n lewe van oorvloed vir ons elkeen beplan, vra God om jou Sy planne vir jou lewe te wys.

Gebed: Ons hemelse Vader, help my om reguit vorentoe te kyk na die visie wat U vir my gegee het, ek wil nie links of regs af draai van dit wat U vir my beplan het nie. Amen.


Geniet jou Dinsdag

 

Liefde in Koning Jesus

Eben & Mariette Enslin


Kliek op hierdie link om eWoord gratis te ontvang: http://www.mylistmanager.co.za/cgi-bin/uls/uls.cgi?ulsJoin=1162=9

www.ewoord.co.za 
eben@ewoord.co.za
Tel: 076 435 8181

REGISTERED USER COMMENTS
No comments posted for this article.


© 2011 All works are copyright of their respective owners and may not be copied without their respective permission. All rights reserved.