- Worstel jy dalk met versoekings of slegte gewoontes in jou lewe?
- Voel dit soms of hierdie gewoontes jou onderkry?
- Het jy maar aanvaar dat jy net nie by sekere standaarde sal uitkom nie agv slegte gewoontes?
- Wel, God self sê dat jy nie bo jou kragte versoek sal word nie.
- En verder, saam met die versoekings sal God self vir jou ‘n uitkoms stuur!
- Niks wat oor jou pad kom is te groot vir jou om te hanteer nie!
Gebed: Ons Vader in die hemel, dankie dat U ‘n uitkoms stuur! Staan my by deur hierdie versoekings Vader, sodat ek my oë gevestig kan hou op U. Amen.
Geniet jou Donderdag
Liefde in Koning Jesus
Eben & Mariette Enslin
Kliek op hierdie link om eWoord gratis te ontvang: http://www.mylistmanager.co.za/cgi-bin/uls/uls.cgi?ulsJoin=1162=9
|