|
- Ons raak so maklik gewoond aan hierdie wêreld standaarde. Ons aanvaar soms sonde, sonder om dit te bevraagteken.
- God maak dit baie duidelik dat Hy die enigste God is. Ons kan nie Hom en sonde dien nie.
- Jy is Sy uitverkore kind, daarom verwag Hy jou onvoorwaardelike gehoorsaamheid, liefde en trou aan Hom alleen.
- As jy kies om God as jou enigste Here te dien raak jou wêreld keuses dalk minder, maar jou vryheid in Christus meer!
- Vra God om sonde in jou lewe uit te wys. Bely dan jou sonde, vra vir vergifnis en weet dat jy deur Jesus Christus se
bloed alreeds vergewe is. Draai dan weg van sonde sonder om weer daaroor te dink!
- Vryheid in Christus beteken gemoedsrus, vrede en rus vir jou siel.
Gebed: Ons Vader in die Hemel. Ek bely dat U my God, skepper en redder is! Ek wil U alleen dien met alles wat in my is. Amen
Geniet jou Woensdag Liefde in Koning Jesus Eben & Mariette Enslin
Kliek op hierdie link om eWoord gratis te ontvang: http://www.mylistmanager.co.za/cgi-bin/uls/uls.cgi?ulsJoin=1162=9 |