PUBLISHER LINKS
e-Woord "Daaglikse Woord Bediening"
My publishing home page
Subscribe to my newsletter      
Accolades Popular Publisher!  
Report this as offensive material

ARTICLE TITLE: e-Woord 03/08/10, 9:08 PM
Page views:
Author: Eben Enslin for e-Woord
worldhead EWOORD
DAAGLIKSE INTERNET WOORD BEDIENING
Uitgawe 1015 9 Maart 2010

JAKOBUS 1:2-4

My broers, julle moet bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet enduit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.

Beproewings maak jou sterker!

  • Wanneer die lewe vol toetse en beproewings is, voel mens soms lus om tou op te gooi.
  • Soms voel dit selfs asof God nie weet waar jy is of wat jy deur maak nie.
  • Moet nie tou op gooi of moedeloos word nie!
  • Wees bly as beproewings jou pad kruis.
  • God weet al te goed wat jy deurmaak en Hy gee om, jy is Sy kind en Hy is lief vir jou.
  • As jy getrou en gehoorsaam bly sal die uitslag vir jou positief wees.
  • Jy kan net ander help en inspireer as jy self beproewings deurstaan het!
  • So sal jy geestelike volwassenheid bereik en met wysheid wandel.

Gebed: Ons hemelse Vader, vergewe my swakheid en ongeloof met tye. Staan my by en maak my sterk sodat ek lewens toetse met vlieënde vaandels kan slaag. Amen. 


Geniet jou Dinsdag

 

Liefde in Koning Jesus

Eben & Mariette Enslin


Kliek op hierdie link om eWoord gratis te ontvang: http://www.mylistmanager.co.za/cgi-bin/uls/uls.cgi?ulsJoin=1162=9

www.ewoord.co.za 
eben@ewoord.co.za
Tel: 076 435 8181

REGISTERED USER COMMENTS
No comments posted for this article.


© 2011 All works are copyright of their respective owners and may not be copied without their respective permission. All rights reserved.