- Wanneer jy jou in die Here verlustig, gaan iets wonderliks gebeur – God gaan jou deur ‘n heiligmaking proses vat.
- God gaan vir jou areas van jou lewe uitwys wat nog nie in Sy oë aanneemlik is nie.
- Soos jy deur hierdie proses werk en nader aan Hom beweeg gaan jou prioriteite en jou lewens begeertes verander.
- Soos jy nader aan God beweeg gaan Jesus meer en meer deur jou skyn en Sy wil vir jou
lewe duidelik raak.
- As jy jouself 100% in God verlustig sal daar bitter min begeertes in jou hart oor wees wat vir Hom aanstootlik sal wees.
- Daar is ‘n duidelike vloei proses met rede – verlustig jou eers in God sodat jou begeertes in lyn kan kom met wat vir Hom aanneemlik is, dan sal Hy dit wat jy begeer vir jou
gee.
Gebed: Ons hemelse Vader, ek het ‘n begeerte om na aan U te leef. Wys vir my areas in my lewe wat nog nie vir U aanneemlik is nie, sodat ek dit kan regstel. Amen. Geniet jou Vrydag Liefde in Koning Jesus Eben & Mariette Enslin
Kliek op hierdie link om eWoord gratis te ontvang: http://www.mylistmanager.co.za/cgi-bin/uls/uls.cgi?ulsJoin=1162=9 |