- Maak nie saak hoe donker dinge dalk vir jou lyk nie, niks is by God onmoontlik nie.
- Prys God vir dit waarvoor jy Hom vertrou, al het dit nog nie gebeur nie!
- Spreek die woorde van prys met jou tong, want in die tong is die mag tussen lewe en dood.
- God is voorwaar die redder in elke situasie, weet en getuig dit met jou hele hart.
- Gebruik elke oomblik en elke aktiwiteit as ‘n geleentheid om God met jou hele hart te dien en getuig so van Sy goedheid in jou lewe.
Gebed: Ons Vader in die hemel, ek prys en eer U met my hele hart. Dankie dat U my daagliks beskerm en vir my sorg. Amen
Geniet jou Donderdag Liefde in Koning Jesus Eben & Mariette Enslin
Kliek op hierdie link om eWoord gratis te ontvang: http://www.mylistmanager.co.za/cgi-bin/uls/uls.cgi?ulsJoin=1162=9 |