Filippense 4:8
Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.
· Behou ‘n positiewe gesindheid. Praat positief, dink positief, laat jou dade wys dat jy positief oor die lewe is!
· Jesus het geweldige probleme ondervind, maar Hy het altyd ‘n opbeurende opmerking en ‘n bemoedigende woord vir mense gehad.
· Jy het die gedagtes van Jesus!
· Begin sommer vandag soos Jesus dink in elke situasie.
· Onthou - as Jesus iets nie sou dink nie, moet jy dit ook nie dink nie.
Gebed: Ons Vader in die hemel, help my sodat my dade vandag sal wys dat ek positief oor die lewe is. Amen
Geniet jou Woensdag
Liefde in Koning Jesus
Eben & Mariette Enslin
Vul jou details hieronder in of kliek op hierdie link om eWoord gratis te ontvang: http://www.mylistmanager.co.za/cgi-bin/uls/uls.cgi?ulsJoin=1162=9
Kontak ons:
Posbus 450; Garsfontein; Pretoria; 0042
Tel: 076 435 8181
Epos: eben@ewoord.co.za
Web blad: www.ewoord.co.za