FILIPPENSE 4:4
Julle harte behoort oor te loop van blydskap omdat julle aan die Here behoort. Ek sê weer, julle moet baie bly wees. (Die Boodskap)
- Hoekom moet jy daagliks bly wees? Omdat jy aan God behoort!
- Namate jy groei in kennis van God, gaan jy so gelukkig word dat jy die duiwel skoon uit jou lewe gaan ban!
- Besluit dat vandag die dag gaan wees waarop jy net ingestel gaan wees op die werking van God se mag in jou lewe.
- Hou jou gedagtes besig met alles wat reg en waar en mooi en rein en prysenswaardig is.
Gebed: Ons hemelse Vader. Al wat ek vandag vra is om Christus te ken, en die krag van Sy opstanding in my lewe te ondervind! Amen.
Geniet jou Vrydag
Liefde in Jesus
Stuur jou naam na ebenenslin@gmail.com om hierdie gratis boodskap daagliks te ontvang.