PUBLISHER LINKS
My Wealth "Wealth through knowledge"
My publishing home page
View my blog
Subscribe to my newsletter      
Report this as offensive material

ARTICLE TITLE: ’n Geleentheid om ’n passiewe inkomste te skep 10/12/10, 12:53 PM
Page views:
Author: Manus Moolman for My Wealth


gold

'n Geleentheid om 'n passiewe inkomste te skep


Die agtste beginsel om welvaart te skep, is om 'n passiewe inkomste te verdien.

My Welvaart doen voortdurend navorsing oor hoe sy intekenaars die nege beginsels vir welvaart-skepping in die praktyk kan toepas. In ons navorsing het ons op verskillende maatskappye afgekom wat groot beloftes maak hoe mens vinnig kan ryk word, maar almal was totaal onrealisties. Die beloftes wat Be Motivated Today maak, is nie onrealisties nie, maar op langtermyn-sukses gemik.

Be Motivated Today is nie net 'n manier om 'n passiewe inkomste te verdien nie, maar lewer 'n diens waaraan alle moderne mense 'n behoefte het.

Die finansiële genie, Warren Buffet het die waarde van 'n passiewe inkomste reeds uitgevind toe hy sewentien jaar oud was. Hy het 'n stuk grond met deeltydse werk wat hy as skoolkind gedoen het, gekoop en dit aan 'n boer verhuur. Die huurgeld het hy op ander maniere, onder ander aandele, belê.

Om 'n passiewe inkomste te verdien, of dit is om eiendom te verhuur, dividende uit aandele te verdien, of by Be Motivated Today aan te sluit, behoort 'n integrale deel van elke individu se strategie te wees

Die voordeel van Be Motivated Today is dat dit sonder 'n groot aanvanklike belegging gedoen kan word. Reader, waarom probeer jy dit nie vir 'n gratis 14 dae proeftydperk om vas te stel of dit vir jou is nie?




 




Only the man who does not need it, is fit to inherit wealth, the man who would make his fortune no matter where he started
 
Ayn Rand

Ons het 'n paar maande gelede navorsing gedoen oor maniere om 'n passiewe inkomste te skep en só die agtste beginsel vir welvaartskepping te implementeer. In die proses het ons op 'n firma met die naam, Be Motivated Today, afgekom en hulle sisteem vir lesers aanbeveel. 

Onlangs ontvang ons toe 'n e-pos van 'n leser wat reeds sukses met die sisteem behaal het. Sy sukses én die manier hoe mnr. D. Jordaan die passiewe inkomste aanwend wat hy uit Be Motivated Today verdien, het ons laat besluit om sy bydrae met ander lesers te deel.

Mnr Jordaan skryf: "Dit is seer sekerlik die meeste mense se wens om finansiëel onafhanklik te wo
rd of ten minste finasiëel onafhanklik af  te tree.  Baie mense streef daarna om so spoedig moontlik af te tree met ‘n passiewe inkomste wat voorsien in daaglikse behoeftes of hulle wil net ekstra geld genereer vir ‘n luukse of twee.

Ek het besef dat ek self beslis nie uit my maandelikse inkomste as salaristrekker bostaande mikpunt sal bereik nie.  Ten einde hierdie tekort te ondervang,  is ek al geruime tyd besig om bekostigbare vaste eiendomme te koop teen pryse wat laer is as die huidige markwaarde.

Party van die eiendomme is langtermynbelegging met die oog op kapitaalgroei terwyl ander korttermynbeleggings is en verhuur word om later verkoop te word teen ‘n wins. Die wins kan soos volg aangewend word :

  1. As deposito op die volgende eiendom om sodoende die verskil tussen die maandelikse paaiement en die huurinkomste (shortfall) te verklein of selfs in sekere gevalle ‘n positiewe opbrengs te lewer of
  2. Om die verskil (shortfall) tussen die paaiement en die huurinkomste te dek of
  3. Om as veiligheidsnet te dien vir die tye wanneer daar dalk nie ‘n huurder is nie en die volle paaiement gedek moet word of
  4. ‘n Kombinasie van bostaande.

Hierdie  eenvoudige plan soos hier bo uiteengesit werk baie effektief om enige persoon op die pad te plaas na finasiële onafhanklikheid. U kan gerus meer lees oor belegging in eindomme in Dr. Manus Moolman se boek “Skep Welvaart uit jou huidige Inkomste” (ISBN 0 7993 3636 X)  bl.77 en 230 tot 231.

Die afgelope twee jaar het ek begin soek na nog ander maniere om ‘n verdere inkomste te genereer sonder om inbreuk te maak op my daaglikse werk.  Dit het gou duidelik geword dat netwerkbemarking van die mees kragtigste werktuie beskikbaar is vir Jan Alleman om ‘n passiewe inkomste te verdien. Daar is baie netwerkbemarkingsgeleenthede beskikbaar van versekering tot verslankingsmiddels.  Ek het ‘n paar beproef, maar spoedig ontdek dat, ten spyte van baie beloftes van vinnige winste met min werk, is dit nie al tyd waar nie.  Ek was egter aangenaam verras met die netwerkorganisasie Be Motivated Today  wat registreer is by die Suid Afrikaanse Departement van Handel en Besigheid met registrasie nommer 2009/149033/23. 

Tans gebruik ek my winste van Be Motivated Today en die winste uit die verkope van eiendom om my aankope van vaste eiendomme te versnel wat dan die gevolglike groter tekorte op die huurinkomste subsidieer.

Ek wil die wens uitspreek dat u ook spoedig finansiële onafhanklikheid sal smaak deur die bostaande program toe te pas wat ‘n kombinasie is van belegging  in vaste eiendom en netwerkbemarking."

D. Jordaan.

8 September 2010.






REGISTERED USER COMMENTS
No comments posted for this article.


© 2012 All works are copyright of their respective owners and may not be copied without their respective permission. All rights reserved.