PUBLISHER LINKS
My Wealth "Wealth through knowledge"
My publishing home page
View my blog
Subscribe to my newsletter      
Report this as offensive material

ARTICLE TITLE: Is dit nou voordelig om rentekoerse op huisverbande vas te pen? 06/01/10, 9:52 AM
Page views:
Author: Manus Moolman for My Wealth
 

Is dit nou voordelig om nou rentekoerse op huisverbande vas te pen?

Huiseienaars is tans weer voor die moeilike keuse of hulle die rentekoerse wat hulle op uitstaande verbande betaal, op nuwe hoër koerse moet vaspen of onveranderd op die huidige vlak – die laagste in 30 jaar - moet hou. Dis ‘n moelike besluit. As rentekoerse nie binne die vasgepende periode styg nie, betaal ‘n mens meer deur dit op ‘n hoër koers vas te pen. Jy verloor dan geld en die bank wen. As rentekoerse wel binne die periode tot hoër as die vasgepende koers styg, wen jy teen die bank. Bygesê, dan moet koerse vinnig styg.

Om lig op die saak te werp, het ek my finansiële beplanningsprogram geraadpleeg en die volgende scenarios opgestel. (‘n Verband van R1-miljoen en ‘n terugbetalingstermyn van 20 jaar word veronderstel)

  Jou huidige rentekoers is 10%, maar jy kan dit vir ‘n jaar teen 10.5% vaspen.

Teen 10% rente is jou maandelikse paaiement R9 650. Pen jy die koers teen 10.5% vas, is jou verbandpaaiement R9 983. Ná vaspenning styg jou verbandpaaiement dus van dag een af met R333. As algemene rentekoerse nie binne die volgende jaar styg nie, verloor jy R3 996 en die bank wen dieselfde bedrag.

Die sleutel om die regte besluit te neem, is of die rentekoers binne die termyn waarin jou rentekoers vasgepen is, gaan styg. 

  Jou huidige rentekoers is 10%, maar jy kan dit vir 2 jaar teen 11.1% vaspen

As jy die rentekoers vir twee jaar teen 11.1% vaspen, sal jou paaiement op ‘n R1-miljoen verband, R10 390 per maand wees. Dit  beteken ‘n verskil van R740. As rentekoerse nie vir twee jaar styg nie, verloor jy R17 760 teen die bank.

Die vraag is óf, wanneer en hoeveel rente binne die volgende twee jaar gaan styg. Hoe langer dit neem om te styg, hoe hoër moet dit bo 11.1% styg, om voordeel uit die vaspenning te trek. 

 C  Jou huidige rentekoers is 10%, maar jy kan dit vir 10 jaar jaar teen 14.5% vaspen

Teen ‘n rentekoers van 14.5%, is jou maandelikse verband paaiement R12 800. ‘n Maandelikse verskil van R3 150 met jou huidige situasie. As rentekoerse vir 10 jaar onveranderd bly, mors jy R378 000 deur die koers op 14.5% vas te pen! Hierdie keer kan ‘n mens egter aanvaar dat rentekoerse in die vasgepende periode gaan styg. Die vraag is weereens wanneer en hoe vinnig. 

Die besluit om rentekoerse vas te pen, hang in alle gevalle dus van ‘n akkurate voorspelling van die rentekoersiklus af. 'n Mens moet in gedagte hou dat banke maksimum wins najaag en dat ‘n aansienlike gedeelte van hulle inkomste van rente afkomstig is. Die besluit om jou rentekoers vas te pen, word dus deur opponerende motiewe bepaal.  Ek en jy wil so min moontlik betaal en die banke wil so veel moontlik verdien. As jy dink jy kan ‘n beter raaiskoot  oor die rentekoerssiklus as die finansiële deskundiges en ekonome van die bank maak, kan jy jou koerse vaspen. Ek het besluit om dit nie te doen nie.

Click 
Here for THE BEST HOME LOAN DEAL EVER!




REGISTERED USER COMMENTS
No comments posted for this article.


© 2012 All works are copyright of their respective owners and may not be copied without their respective permission. All rights reserved.