Beste Reader,
Alchemie is 'n metode wat antieke mense gebruik het om 'n onedel metaal soos lood in 'n edelmetaal soos goud te verander. As hulle towerformule gewerk het, sou hulle baie geld gemaak het. Ongelukkig vir hulle het dit nie gewerk nie.
Gelukkig vir ons, is daar wel 'n towerformule om baie geld te maak. Dit bestaan uit twee komponente: a) 'n VISIE en groot drome en b) aandag aan DETAIL.
Baie mense pas een van die komponente toe, maar gee te min aandag aan die ander. Party het net groot drome, maar nie die deursettingsvermoë om dit te implementeer nie. Ander hou hulle die hele tyd met detail besig, maar kom nie iewers nie omdat hulle nie groot
droom nie.
As 'n mens hierdie twee komponente "alchemies" verbind, het jy die eerste tree gegee om baie geld te maak.
Ek het hierdie waarheid opnuut op ons gesinsvakansie deur die VSA besef. Ons het die VSA van Oos
na Wes deurkruis en in die proses ongeveer 4500
km. afgelê - om vakansie te hou, maar ook om te sien hoe gewone Amerikaners die Amerikaanse droom uitleef.
Ons neem 'n ruskans in die Painted Desert op
pad van Chicago na Los Angeles
Op pad na Los Angeles het ons vir twee dae in Las Vegas oornag en toevallig by die
Trump Tower van Donald Trump verbygestap. Dit het my laat onthou dat ek 'n paar jaar gelede 'n boek gekoop het wat Trump geskryf het, maar nooit gelees het nie. (Trump: Think like a millionaire). Ek het gedink dat Trump ryk geërf het en dat Suid-Afrikaners nie veel uit sy uitspattige lewenstyl wys sou kon word nie.
Terug in Suid-Afrika het ek die boek afgestof en vir die eerste keer oopgemaak. Tot my verbasing benadruk Trump reeds in sy inleiding hoe noodsaaklik dit vir hom is om persoonlik aan die detail van sy onderneming aandag te
skenk.
|
Die Trump Tower in Las Vegas Ek het nog altyd geweet dat Donald Trump 'n visie het en 'n rykmanslewe lei, maar ek het die belangrikheid wat hy aan detail heg, onderskat.
Hy beskryf sy benadering
tot die detail van sy onderneming volg: "I couldn't run a business any other way. When I'm talking to a
contractor, or examining a site, or planning a new development, no detail is too small to consider. I even try to sign as many checks as possible. " (Trump, 2005, xii).
Die goeie nuus is dat dit binne die vermoë van al die intekenare van hierdie nuusbrief is om aan die een kant groot te dink en te droom en aan die ander kant hard te werk en aan besonderhede aandag te skenk.
'n Mens moet 'n doelbewuste besluit neem om tyd vir drome af te staan. Jy behoort jou kantoor te sluit en vir 'n paar dae weg te gaan om weer helder oor wat jy wil bereik, te dink. Maar dan behoort jy ook tyd af te staan om gedetailleerde planne uit te werk om jou drome en visie te implementeer. En dan behoort
jy, soos Trump, persoonlik by die kleinste besonderheid van jou besigheid betrokke te wees. Anton Rupert was terloops ook bekend daarvoor dat hy op hoogte van die alledaagse funksionering van sy ondernemings was.
Dit beteken nie dat 'n mens nie moet delegeer
nie, maar dis 'n onderwerp vir 'n ander keer.
Beplan Jou Welvaart Kontak jou finansiële adviseur of makelaar sommer vandag om jou te help om 'n finansiële plan op te stel. Klik hier om ons aanbevelings in jou streek te sien Reader.
Verwys 'n Vriend Kompetisie Stuur hierdie nuusbrief vir 'n vriend en staan 'n kans om R100 te wen! Terme en voorwaardes geld.
|