PUBLISHER LINKS
My Wealth "Wealth through knowledge"
My publishing home page
View my blog
Subscribe to my newsletter      
Report this as offensive material

ARTICLE TITLE: Laat Die Ontvanger Van Inkomste Jou Help Om Ryk Te Word 06/28/11, 10:39 AM
Page views:
Author: Manus Moolman for My Wealth





In Hierdie Uitgawe:
1. Laat die Ontvanger van Inkomste       jou help om ryk te word
2. Is 1% huur per maand nie te hoog     nie?
3. Beplan jou welvaart
4. Verwys 'n vriend kompetisie
5. Navrae in Junie
 

Junie 2011
Volume 2 Uitgawe 6

Money is only a tool. It will take you wherever you wish, but it will not replace you as the driver.

Ayn Rand 

 LAAT DIE ONTVANGER VAN INKOMSTE 
 JOU HELP OM RYK TE WORD 

Beste Reader, 

Daar is nie regtig kortpaaie om ryk te word nie. Al uitweg is om inisiatief te neem, geleenthede aan te gryp en hard te werk. 

Ons het verlede maand gesien dat hefboomfinansiering so 'n geleentheid is. Deur geleende geld te gebruik om eiendom te koop en dit dan te verhuur, kan jy jou bates met iemand anders se geld te vergroot. 

Nou gaan ons bietjie kyk hoe die Ontvanger van Inkomste jou help om geld te spaar terwyl jy rykdom bou.

Ingevolge Artikel 11 (a) van die Inkomstebelastingwet kan uitgawes wat aangegaan is en verliese wat gemaak word in die beoefening van 'n bedryf, van 'n mens se belasbare inkomste afgetrek word.  

Onder die term bedryf, word elke professie, besigheid, diens, beroep en ook die verhuring van eiendom, ingesluit.

As jy dalk sou besluit om eiendom te koop en te verhuur, kan die volgende uitgawes van jou belasbare inkomste afgetrek word. Hierdie uitgawes sluit in:
  • Verbandrente.
  • Eiendomsbelasting.
  • Water en ligte.
  • Slytasie van meubels en kombuistoerusting as jy dit voorsien.
  • Gordyne en skilderye vorm deel van die meubels en is ook aftrekbaar.
Die kooptransaksie moet egter reg gestruktureer word sodat die Ontvanger die huurinkomste as 'n bedryf sien. 

Gaan spreek eers jou finansiėle of belastingadviseur voordat jy finaal besluit dat jy eiendom wil koop en verhuur.

Is 1% Huur Per Maand Nie Te Hoog Nie?
In die vorige nuusbrief het ek die stelling gemaak  dat 'n huurinkomste van 1% per maand op beleggingseiendom aanbeveel word.

Onlangs ontvang ek toe 'n navraag van Prof. Jan Smit van Bloemfontein of die 1% per maand nie te hoog is nie. 

My antwoord is dat 1% die ideale syfer is, maar dat dit nie altyd bereikbaar is nie. As gevolg van hefboomfinansiering kan dit egter nog steeds die moeitewerd wees om beleggingseiendom teen .5% per maand te verhuur. Dit verhoog net die risiko. En 'n mens sal moet seker maak dat jou kontantvloei bybetalings tot die verbandpaaiement kan hanteer.


Veels Geluk Aan Jacques Jansen van Rensburg!
Baie geluk aan Jacques wat die wenner van ons maandelikse VERWYS 'N VRIEND kompetisie is. Onthou dat hoe groter My Welvaart se sirkulasiesyfer is, hoe meer voordele kan ons aan lesers bied.


Beplan Jou Welvaart
Kontak jou finansiėle adviseur of makelaar sommer vandag om jou te help om 'n finansiėle plan op te stel. Klik hier om ons aanbevelings in jou streek te sien Reader. 

Verwys 'n Vriend Kompetisie
Stuur hierdie nuusbrief vir 'n vriend en staan 'n kans om R100 te wen! Terme en voorwaardes geld.


Navrae In Junie 
In Julie gaan ek en my gesin vir 'n maand op vakansie na die VSA. Ons reis van Chicago in die Ooste tot Los Angeles in die Weste en alle navrae sal ongelukkig tot Augustus moet oorstaan.

Jammer vir die ongerief!

Bluubin



Beste wense tot volgende maand.



Manus Moolman,
Besturende Direkteur,
My Welvaart
 
Posbus 70557
Die Wilgers
0041
(T) 087 808 4461
(F) 086 562 8873
info@myebroker.co.za
www.myebroker.info

Bluubin - The all in one auditing, accounting and bookkeeping solution. Online! Click Here


REGISTERED USER COMMENTS
No comments posted for this article.


© 2012 All works are copyright of their respective owners and may not be copied without their respective permission. All rights reserved.