PUBLISHER LINKS
My Wealth "Wealth through knowledge"
My publishing home page
View my blog
Subscribe to my newsletter      
Report this as offensive material

ARTICLE TITLE: Hoe om die opbrengskoers op jou belegging van 572% tot 6630% te verhoog! 06/07/11, 10:27 AM
Page views:
Author: Manus Moolman for My Wealth


In Hierdie Uitgawe:
1. Hoe om die opbrengskoers op            jou belegging van 572% tot                  6630% te verhoog
2. Hefboomfinansiering by                        besighede
4. Beplan jou welvaart
5. Verwys 'n vriend kompetisie
 

Mei 2011
Volume 2 Uitgawe 5
 
 

HOE OM DIE OPBRENGSKOERS OP JOU
BELEGGING VAN 572% TOT 6630% 
TE VERHOOG!
Reader, verlede maand het ek die stelling gemaak dat skuld nie net 'n mens se finansies 'n knou kan gee nie, maar ook jou hele lewe kan ruïneer. In hierdie uitgawe gaan ons kyk hoe skuld positief aangewend kan word en die opbrengskoers op jou belegging, fenomenaal kan verhoog.

Voordat ek die proses verduidelik, moet ek net sê dat ‘n mens jou geldsake goed moet uitwerk voordat jy dit aanpak. Onthou dat hoe hoër die beloning is, hoe hoër die risiko.

Om skuld te gebruik om welvaart te verhoog, staan as hefboomfinansiering bekend. Dit werk so: ‘n Mens leen geld om ‘n bate aan te skaf met die oogmerk dat dit in waarde toeneem. Daarna kry jy  iemand anders om die lening af te betaal.

Gestel ‘n mens koop ‘n woonstel ter waarde van R800 000. Jy kan R800 000 kontant vir die woonstel betaal, ‘n huurinkomste ontvang en geduldig wag dat inflasie die waarde van jou belegging verhoog. Óf jy kan die geld leen, en die woonstel dan verhuur en die verband met die huurgeld afbetaal.

As ‘n mens kontant betaal, word die opbrengskoers op die R800 000 uitgewerk. Betaal jy R80 000 deposito, maar leen die oorblywende gedeelte, word die opbrengs op die R80 000-belegging uitgereken. Die waarde van die woonstel sal aan die einde van die beleggingstermyn in beide gevalle identies wees, maar omdat jy by die lening ‘n kleiner bedrag belê het, sal die opbrengs aansienlik hoër wees – die kleiner belegging moet teen ‘n hoër koers styg om by dieselfde eindbedrag uit te kom.

Teen ‘n eiendomsinflasiekoers van 10%, sal die waarde van die woonstel na 20 jaar ongeveer R5.38 miljoen wees. Oor die 20 jaar het die waarde van die belegging dus met 572% gestyg. Ingeval ‘n R80 000 deposito betaal is, en die verband na 20 jaar afbetaal is, sal die waarde van die belegging dieselfde wees as waar dit kontant afbetaal is. Die opbrengskoers word egter nou op die R80 000 bereken en nie op die R800 000 van die koopprys nie. Dit beteken dat ‘n hoër opbrengskoers nodig is om die kleiner bedrag tot R5,38 miljoen te laat groei. In hierdie geval het hefboomfinansiering die opbrengskoers tot R5 660% verhoog!

Voordat ‘n mens egter in eiendom belê, moet jy genoeg van die onderwerp weet om seker te wees dat jy ‘n winskoop koop of ten minste ‘n billike waarde betaal. ‘n Maatstaf vir goeie waarde is as die eiendom maandeliks vir een persent of meer van die waarde daarvan verhuur kan word. ‘n Eiendom wat R800 000 kos, moet volgens hierdie maatstaf dus vir R8 000 of meer per maand verhuur word.

Daar is ook ander aspekte wat in gedagte gehou moet word:

  •  Die area moet nie die prys van die eiendom verlaag nie. Eiendomspryse styg oor tyd in goeie areas, maar dit is nie die geval in swakker areas nie.
  • ‘n Mens se kontantvloei moet rentekoersstygings kan hanteer.


  Hefboomfinansiering by besighede
Die voordele van hefboomfinansiering kan ook by besighede gebruik word. Gestel ‘n belegger koop ‘n slaghuis wat R700 000 kos en die netto wins wat maandeliks daaruit ontvang word, is R38 000. Hy betaal 20% deposito en leen die oorblywende bedrag oor ‘n 15-jaar termyn teen 10% rente per jaar. Om die voordeel van hefboomfinansiering wat deur die krediet teweeg gebring word, te illustreer, word hierdie situasie in die tabel vergelyk met die situasie indien die slaghuis kontant gekoop is.

  Koop  slaghuis  kontant  Betaal  20%  deposito 
 Eie kapitaal

 Skuld
 R700 000

 R0 
 R140 000

 R560 000
 Totaal R700 000 R700 000 
 Hefboomfaktor  0%  80%
Bedryfsinkomste (4% op bate voor belasting

Minus skuldpaaiement @ 10% rente  
 R28 000




 R0
 R28 000




 R6 018  
 
 Netto jaarlikse  inkomste voor  belasting R336  000

 R263 784   
 Netto jaarlikse inkomste voor belasting van 35% R218  400 R171  460
 Opbrengs op eie  kapitaal 31.20% 122.47%

Deur geld te leen en hefboomfinansiering te gebruik, is die opbrengskoers van 31.2% na 122.47% verhoog! Hou weereens in gedagte dat die risiko saam met die opbrengskoers styg. Indien die slaghuis nie ‘n wins maak nie, het die belegger natuurlik ‘n probleem. Daarom moet deeglike huiswerk voor sulke transaksies gedoen word.

BEPLAN JOU WELVAART
Kontak jou finansiële adviseur of makelaar sommer vandag om jou te help om 'n finansiële plan op te stel. Klik hier om ons aanbevelings te sien. 

VERWYS 'N VRIEND KOMPETISIE
Stuur hierdie nuusbrief vir 'n vriend en staan 'n kans om R100 te wen! Terme en voorwaardes geld.







Beste wense tot volgende maand.



Manus Moolman,
Besturende Direkteur,
My Welvaart
 
Posbus 70557
Die Wilgers
0041
(T) 087 808 4461
(F) 086 562 8873
info@myebroker.co.za
www.myebroker.info

Apply for an Interest FREE loan up to R10 000. Pay 0% interest and no service fees. Click Here





REGISTERED USER COMMENTS
No comments posted for this article.


© 2012 All works are copyright of their respective owners and may not be copied without their respective permission. All rights reserved.