Ons het in die verlede telkemale teen skuld gewaarsku omdat dit nie net 'n mens se finansies 'n knou kan gee nie, maar ook jou hele lewe kan ruïneer. Tog kan skuld jou help om welvaart te skep - as jy dit reg gebruik. In hierdie en volgende maand se nuusbriewe gaan ons na skuld kyk wat jou finansies skade aandoen en skuld wat welvaart vir jou kan skep.
Krediet is 'n integrale deel van
besigheidsmense se finansiële beplanning en min salaristrekkers kan 'n huis of voertuig koop sonder om skuld tye maak.
Die kuns is eerstens om tussen goeie en slegte skuld te onderskei en daarna moet 'n mens deeglike kredietbeplanning doen. 'n Mens moet ook bepaal hoe veranderlikes soos die rentekoers jou
beplanning gaan raak.
Belangrik is om presies te bepaal waarvoor die skuld benodig word, en watter kredietinstrument gebruik moet word. Dit beteken dat 'n mens nie maar net 'n oortrokke fasiliteit of persoonlike lening moet aangaan omdat jy 'n vae idee het dat jou begroting nie aan die einde van die maand gaan klop nie.
Daar moet 'n spesifieke doelwit wees wat inpas by jou strategie om
welvaart te skep.
DOELWITTE VIR KREDIET Verkeerde redes vir krediet spruit gewoonlik uit emosionele oorwegings en vir die aankoop van luukse gebruikersgoedere. Hou die volgende gevare in ag as jy vir krediet aansoek doen Reader: - Dit stel jou in die vermoë om bo die lewenstansaard te leef, wat jy kan bekostig.
- Buiten
rente, is daar dikwels ook ander koste soos versekering waardeur die
prys van krediet verhoog word.
- Indien skuld nie betyds terugbetaal word nie, kan jy 'n slegte kredietrekord ontvang wat jou sal verhoed om weer vir krediet te kwalifiseer.
Goeie redes om op krediet te koop, sluit die volgende in: - Indien dit op die langtermyn tot welvaartskepping lei en verskansingstegnieke toegepas word, is krediet aanvaarbaar.
- 'n Winskoop wat regtig vir jou besigheid nodig is.
- Nodige toerusting vir jou besigheid.
- Indien die pryse van nodige toerusting vinniger as die inflasiekoers styg.
- Hefboomfinansiering, maar hierdie tegniek sal ons volgende maand bespreek.
TERMYNDit is noodsaaklik om die krediettermyn in aanmerking te neem wanneer 'n kredietinstrument gekies word. - KORTTERMYN KREDIET: Korttermyn krediet kan vir items gebruik
word wat binne 'n jaar verbruik word soos kunsmis, saad en voer in die geval van 'n boer.
- MEDIUM TERMYN KREDIET. Medium termyn krediet is geskik vir items wat oor 'n paar jaar verbruik word, soos rekenaars en telekommunikasie stelsels.
- LANGTERMYN KREDIET. Langtermyn krediet word vir bates soos geboue gebruik wat nie binne 'n paar jaar verbruik word nie.
Dit gebeur egter soms dat afslag toegestaan word indien rekeninge binne 'n sekere tyd betaal word. Dit kan uiters voordelig wees om hierdie afslag te benut. Indien die normale tyd waarbinne handelskrediet vereffen moet word, 30 dae is en daar 3% afslag binne 15 dae betaal word, sal die uitwerking van die afslag dieselfde wees as by 'n belegging waar 75% per jaar opbrengs verkry word! Handelsbanke bied hoofsaaklik finansierig vir korttermyn doelwitte. Die krediet kan verskillende vorme aanneem naamlik: Bankoortrekkings is vir houers van tjekrekeninge beskikbaar, maar moet vooraf met die bank gere ël word. Daar bestaan twee soorte bankoortrekkings, naamlik 'n tydelike en 'n permanente fasiliteit. Daar kan vir 'n tydelike fasiliteit by die bank aansoek gedoen word indien uitgawes binnekort aangegaan moet word, maar fondse eers na 'n tydjie beskikbaar word. Banke staan dit vir 'n jaar toe en, indien die rekening goed bestuur word, word die re ëling daarna jaarliks hersien. Alhoewel 'n persoonlike lening vir enigiets gebruik kan word, sal banke navraag doen waarvoor die geld benodig word, omdat hulle nie vir onwettige of immorele doelwitte geld leen nie. Die minimum terugbetalingstermyne wissel gewoonlik tussen een en vyf jaar. Rente word vooruit bereken en is reeds by die paaiement ingereken.
VERWYS 'N VRIEND KOMPETISIE Stuur hierdie nuusbrief vir 'n vriend en staan 'n kans om R100 te wen! Terme en voorwaardes geld.
|
| |