Reader, jy sal onthou dat ons tema vir die jaar is dat JY die silwer rand om die donker toekomswolke in Suid-Afrika is. Dit beteken dat jy beheer oor jou toekoms moet neem, 'n visie het van wat jy wil bereik, nie uitstel om belangrike besluite te neem nie en hard werk om jou planne te implementeer.
Om welvaart te skep, is 'n wen-mentaliteit en die ingesteldheid om gou tot aksie oor te gaan, nodig.
Yolanda Strydom is so iemand. Sy was die eerste persoon
wat wat in verlede maand se kompetisie gestem het en is die gelukkige wenner van die R100 prys. Van harte geluk Yolanda!
As jy nie gewen het nie Reader, is daar nog 'n kans. Jy sal die besonderhede aan die einde van die nuusbrief
sien.
Soos ons verlede maand gesien het, is daar genoeg in Suid-Afrika wat jou negatief kan maak. Net verlede week het die raad van direkteure van die
beleggingsmaatskappy, Ngwenda Gold agtergegom dat 'n sekere Dennis Barnarnd van Kerrebroeck hulle maatskappy gekaap het! Hy het vervalste bedankingsbriewe namens die vorige direkteure by CIPRO (Companies and Intellectual Property Registration Office ) ingedien
en sy eie naam in die plek daarvan as direkteur ingedien. Dit klink ongelooflik, maar CIPRO het hom as nuwe direkteur aanvaar! Nou moet die wettige direkteure veg om heraangestel te word.
Negatiwiteit is egter nie die oplossing om welvaart te skep nie. Die oplossing is om die Nege beginsels vir welvaartskepping te implementeer. Hierdie maand kyk ons na 'n paar dinge wat 'n mens in die praktyk kan doen om die negende beginsel, naamlik om jou teen risiko's te beskerm, toe te pas.
DIE NEGENDE BEGINSEL OM WELVAART TE SKEP IN
PRAKTYK
Om jou teen risiko's te beskerm, is só belangrik dat Warren Buffet se eerste reël was om nie geld te verloor nie. Sy tweede reël was om die eerste een te volg!
Buffet het beleggings in gedagte gehad, maar die beginsel geld ook 'n rits ander risiko's waardeur jy geld kan verloor.
Ons het by 'n kenner op die gebied, Barend Fourie, vir raad aangeklop. Hy deel sy kennis met ons in die artikel wat volg. ONGELUKSDEKKING KORT
HERSIENING
Suid-Afrika is een van die lande ter wêreld met die hoogste voorkoms van padongelukke. Verder is ons misdaadstatistieke ook nie iets om op trots te wees nie. Om die rede is die beste moontlike korttermynversekering uiters
noodsaaklik en is die besteding van aansienlike bedrae aan kortermynversekering en sekuriteit vir die beskerming van u bates algemeen in ons land.
Maar die heel belangrikste bate - u vermoë om 'n inkomste te genereer - word telkemale nie so goed beskerm soos u ander bates nie. Die gepaardgaande kontantvloeiprobleme as gevolg van ernstige beserings of ongeskiktheid tydens 'n motorongeluk of as gevolg van misdaad word dikwels nie in u versekeringsportefeulje aangespreek nie.
Volgens die Padongelukkefonds-wetgewing is die maksimum bedrag wat persone nou kan eis ten opsigte van verlies aan inkomste beperk tot R160 000 per jaar. Dit is ook van toepassing ten opsigte van die verlies van onderhoud as gevolg van die afsterwe van 'n broodwinner in 'n padongeluk.
Volgens David Kapelus, direkteur van Deneys Reitz Inc. prokureurs, is daar ook groot onsekerheid of persone die verdere verlies aan inkomste wat meer kan wees as die bogenoemde R160 000 jaarlikse bedrag direk van die nalatige party kan eis. Dit kan tot groot kontantvloeiprobleme lei vir enige persoon, of sy / haar afkanklikes, wat dan wel in 'n ongeluk betrokke is.
Verder toon die nuutste misdaadstatistiek vir Gauteng dat meer as 116 000 gevalle van moord, poging tot moord en ander ernstige gevalle van persoonlike aanranding vir April 2009 tot Maart 2010 voorgekom het. 'n Skokkende syfer!
| Gelukkig is daar 'n produk deur Sanlam wat kan help om die moontlike probleem aan te spreek, naamlik die Sanlam Lewens Ongeluksdekking. Dit bied dekkings vir dood, ongeskiktheid en ernstige beserings as gevolg van 'n ongeluk, wat beserings as gevolg van die slagoffer van misdaad insluit.
Die beste nuus is dat die
koste verspot goedkoop is. In die tabel hieronder is die permie uiteengesit, wat 'n 41-jarige man sal betaal. Die klem behoort veral te wees om dekking te oorweeg vir ongeskiktheid as gevolg van die soort beserings, want gewoonlik behels die tipe
ongeskiktheid dat daar noodsaaklike
veranderinge aan u eiendom aangebring moet word, soos byvoorbeeld om die eiendom rolstoelvriendelik te maak as u aan 'n rolstoel gekluister is.
BEGROTINGSREDE Mnr. Pravin Gordhan het maatreëls in die begroting aangekodig om werkskepping en by implikasie welvaartskepping te skep. Die realiteit is egter dat die
regering net 'n gunsige omgewing moet skep waarbinne die privaat sektor optimaal kan funksioneer. Die privaat sektor sal dan binne gunstige omstandigehede baie meer werk skap as wat die staat kan droom om te doen.
WELKOM AAN NUWE MAKELAARS! Graag verwelkom ek die volgende makelaars wat by ons verwysingsnetwerk aangesluit het.
"Ek is 40 jaar in die bedryf en die laaste 8 jaar daarvan het ek finansiele advies gegee. Voorheen was ek 33 jaar by Sanlam se bestuur, opleiding en afrigting van konsultante en makelaars betrokke. Ek gee wye advies
oor Risiko
(lewens) ongeskiktheid en kritiese siekte voordele en aftreebepanning (voor, by en na
aftrede).Verder doen ek ook beleggingsadvies".
CHRIS GERBER
Chris Gerber is die
eienaar van Chris Gerber Finansiële Dienste in Pretoria. Hy het 'n nagraadse diploma in finansiële beplanning en is besonder goed toegerus om lesers van hulp te wees.
SEAN
ZONJEE Sean Zonjee is 'n finansiële adviseur wat in Pretoria werksaam is. Hy bied nie net versekeringsdienste nie, maar ook skuldkonsilidasie. Kontak hom gerus as u skuldprobleme ervaar.
WEN R100! Daar is weer 'n geleenheid vir 'n leser om R100 te wen! Die geld kan joune wees as jy gou reageer Reader!
Die leser wat hierdie nuusbrief binne die eerste week aan die meeste van sy of haar vriende stuur, kan R100 wen! As daar twee wenners is, sal die leser wat die doelwit eerste behaal, die R100 in sy of haar sak steek. Terme en voorwaardes geld.
|