Januarie is verby en oor 11 maande is dit weer Kersfees –
die maand waarin baie lesers met vakansie gaan. Dit laat ons met 10 maande om
ons nuwejaarsvoornemens te bereik! Dit laat ‘n mens wonder wat met verlede jaar
se voornemens gebeur het.
Op
Nasionale vlak sou ‘n mens ons kollektiewe nuwejaarsvoornemens waarskynlik in een of meer van die volgende kategorieë val: Ekonomie, entrepreneurskap en geleenthede,
staatsbestuur, opvoeding, gesondheid, veiligheid en sekuriteit, persoonlike vryheid
en sosiale kapitaal. Aan die begin van 'n nuwe jaar, wonder 'n mens hoe ons op hierdie gebiede gevaar hetdie gebiede gevaar het.
Die
Legatum Instituut, ‘n internasionale beleggingsgroep, gebruik presies hierdie
kategorieë om die voorspoed van 110 lande jaarliks met mekaar te vergelyk.
Verlede jaar het Suid-Afrika ‘n treurige 66ste plek ingeneem, nege plekke laer
as Botswana en ná lande soos Colombië, die Fillipyne, Rusland en Morokko.
Noorweë was eerste en Zimbabwe laaste.
Kom
ons kyk hoe ons op elke afsonderlike gebied gevaar het.
Ekonomie
(Die RSA was 77ste uit die 110 lande wat ondersoek is)
Volgens
die verslag is ons inflasiekoers op 10% te hoog (sederdien het dit darem tot
3.5% gedaal) en die werkloosheidskoers is ‘n powere 23%. Wat laasgenoemde syfer
betref, was ons een van die 20 lande wat die slegste gevaar het.
Dis
dan nie vreemd dat ons in die groep van 25 lande val waar landsburgers nie
voldoende voedsel en skuiling aan hulle gesinne kan verskaf nie. Tussen 2004 en
2008 het die Bruto Nasionale Produk slegs met 3.4% per jaar gegroei wat beteken
die verbetering van die lewenstandaard vind maar uiters stadig plaas. Strenggesproke verbeter dit nie omdat ons inflasiekoers tand 3.5% is.
Die
navorsing het inderdaad aangetoon dat die meeste Suid – Afrikaners ontevrede
met hulle lewenstandaard is. Wat hierdie veranderlike betref, neem ons die
87ste plek in.
Entrepreneurskap
en geleenthede (43ste)
Suid-Afrikaners
is oor die algemeen redelik optimisties oor die geleenthede vir entrepreneurs
in die land al meet innoverende aktiwiteite betreklik laag. Die wil is blykbaar
daar maar almal ken nie die weg nie.
Positief
is dat die oprigtingskoste van besighede betreklik laag is. Aan die negatiewe
kant is kommunikasienetwerke nie ondersteunend nie. Veral die bandwydte van
internetverbindings is swak.
Die
voordele van ekonomiese ontwikkeling word baie oneweredig oor verskillende sosio-ekonomiese
groepe versprei. Die rykes word ryker en die armes armer. Met ‘n 89ste plek,
rem hierdie veranderlike ons gemiddeld af. Dit staan nie in die verslag nie,
maar myns insiens is negatiewe faktore ook burokratiese rompslomp, arbeitswette
en hoë belasting.
Staatsbestuur
(40ste)
Ten
spyte van die ongunstige prentjie wat tot dusver geskilder is, word die
landsbestuur gunstiger deur sy inwoners beoordeel as wat mens sou verwag van ‘n
bevolking met ‘n lae indiensnemingsyfer en ‘n groot gaping tussen ryk en arm.
Die pun wat landsburgers aan die staatsbestuur toeken, plaas hom op die
veertigste plek – beter as die meeste van die 110 lande.
Opvoeding
(78ste)
Hier
neem Suid-Afrika ‘n powere sewe-en-tagtigste plek in. Daar is gemiddeld net een
onderwyser vir 31 primêre leerlinge. Die gemiddelde skoolbywoning van
Suid-Afrikaners is slegs 1,7 jaar en slegs 6 maande van tersiêre onderrig.
Nogtans is 77% Suid-Afrikaners tevrede met die kwaliteit van onderrig. Wys die
persepsie dat sake beter is as waarop die realiteit dui, dat daar ‘n algemene
onkunde oor die waarde van opleiding en spesialiste is?
Gesondheid
(88ste) Gesondheid
is nog ‘n gebied waar ons sleg vaar. Die koers van kindersterfte is 15% en
gesondheids-aangepasde lewensverwagting is 44 jaar.
Oor
die algemeen voel Suid-Afrikaners nie gesond nie. In die ondersoek het meer as
25% gesê hulle het gesondheidsprobleme. Daarby is hulle stresvlakke baie hoog
en die meeste is nie tevrede met die estetiese standaard van hulle fisiese
omgewing nie.
Veiligheid
en sekuriteit (97ste)
Die
verslag verwys na die verregaande kriminele aktiwiteite in Suid-Afrika. Minder
as 20% van Suid-Afrikaners voel veilig om in die nag alleen in hulle woonbuurte
te loop. Dis die laagste persentasie van al die lande wat getoets is!
Persoonlike veiligheid is laag. 15% van die respondente is die afgelope jaar
aangerand en 30% se eiendom is gesteel.
Persoonlike vryheid (51ste) Op ‘n positiewe noot is persoonlike vryheid en vryheid van beweging beskerm. Die meeste inwoners is tevrede met die mate waartoe hulle vrye keuses kan uitoefen. Tóg word sosiale aanvaarbaarheid nie so positief ervaar nie. Slegs 60% van die respondente het gevoel dat hulle woongebied ‘n goeie woonplek vir etniese en rasminderhede is. Hier word ons in die laagste derde van die
indeks geplaas. |
Sosiale kapitaal (71ste) Slegs 17% van Suid-Afrikaners vertrou hulle landgenote. Tog het meer as 50% aangedui dat hulle al ‘n vreemdeling gehelp het. Met té min
tevrede
As ‘n mens na die navorsing kyk, staan een aspek vir my
uit. Met veiligheid en sekuriteit, die staat se plig, v aar ons (97ste) die
slegste. Daarteenoor word die hoogste plek, naamlik 40ste, aan staatsbestuur
toegeken! Dit lyk asof korrupsie van staatslui en die groeiende gaping tussen
ryk en arm niks tel by die evaluering van die staat nie. Voeg hierby lae
indiensneming en dan lyk dit of ons met te min tevrede is. Óf dat ons dinge maar gelate aanvaar.
‘n Ander denkraamwerk is nodig. Die administratiewe
strukture wat die staat daarstel, behoort bo verdenking te wees én doeltreffend
te funksioneer. Bron: Legatum Institute, Prosperity Index,http://www.li.com/ProsperityIndex.aspx 
Daar
is ‘n silwer rand elke donker wolk
As jy dink my poging met hierdie nuusbrief is om die jaar op ‘n negatiewe
noot te begin, het ek die verkeerde persepsie geskep. Daar is beslis ‘n silwer
rand om elke donker wolk en ek glo elke individu kan die silwer rand wees as hy sy volle potensiaal gebruik.
Ek het ‘n
ononderhandelbare geloof dat ‘n mens baie meer potensiaal het as wat jy dink.
Ons moet nie vir die staat wag om ons doelwitte te bereik nie. Ons het geen
beheer oor wat hulle doen en hoe hulle dit doen nie. Ons het wél beheer oor wat
ons doen en hoe ons dit doen.
Die
staat sal nooit genoeg werkgeleenthede skep nie. Ons moet ons eie werk deur
vaardigheidsontwikkeling, kreatiwiteit en deursettingsettingsvermoë skep. Elke
individu is dit aan homself verskuldig om die beste uit hom of haarself te
haal. Ons moet nie net ons tegniese vaardighede nie, maar ook ons emosionele
intelligensie verhoog. Ons moet met die beste ter wêreld kompeteer. Ons kan,
maar dit is nodig om jou denkraamwerk te verander. Hoé ‘n mens in jou omgewing
optree, op geleenthede reageer, word deur jou denke bepaal. My Welvaart se tema vir die jaar is dat die oplossing vir sukses by elkeen van ons lê. ‘n
Mens moet nuwejaarsvoornemens hê, jou vaardighede verbeter, jou emosionele
intelegensie verhoog, ‘n oog vir geleenthede ontwikkel, doelwitte bepaal en
doeltreffend daarvoor beplan. Om al jou planne te implementeer, het 'n mens egter ook kundige advies nodig. Besoek ons webblad om die hulp van ‘n opgeleide en
gelisensieërde finansiële beplanner nodig in jou area te kontak. WEN R100! 'n Gelukkige leser kan R100 wen deur te stem of nuwejaarsvoornemens vir hom of haar werk of nie.
Stuur
gerus hierdie nuusbrief aan ‘n vriend deur die knoppie hieronder te druk Forward
Message
|