PUBLISHER LINKS
My Wealth "Wealth through knowledge"
My publishing home page
View my blog
Subscribe to my newsletter      
Report this as offensive material

ARTICLE TITLE: Besit eiendom in Engeland, Switzerland, Duitsland en die Kanaaleilande vir slegs R6 589.47! 11/30/10, 1:33 PM
Page views:
Author: Manus Moolman for My Wealth

gold

Is "Redefine International" 'n geleentheid wat verlore sal gaan?

Ons doel is om lesers te help om welvaart te skep, deur hulle te help om inkomste te verhoog en uitgawes te verlaag.

Debt RescueFlowers.co.za

 Tiger Moth Flight

African Bank
Investing is laying out money today to receive more money tomorrow.
 
Beste Reader, na my artikel oor eiendomsbeleggings het die navrae behoorlik ingestroom! Ek het my bes probeer om so veel moontlik te beantwoord, maar kon nie by almal uitkom nie. Aan die lesers wie se navrae wat ek nie beantwoord het nie, vra ek sommer met die intrapslag verskoning.

Heel "toevallig" verskyn daar in verlede week se Finweek 'n artikel deur Vic de Klerk waarin hy die volgende storie oor sy eie ervaring met 'n belegging in genoteerde eiendom vertel.
 
Om en by 1999 het hy 'n deel van sy moeder se aftreegeld gebruik om in die genoteerde aandeel, Premium Property, te belê. Die prys was destyds R1 per aandeel. Volgens hom is die jaarlikse inkomste wat sy moeder op die oomblik uit die belegging ontvang, groter as die totale beleggingsbedrag destyds!

Is Redefine International ook so 'n geleentheid? Ons sal 11 jaar moet wag om uit te vind. As dit wel die geval is, sal lesers wat die waagmoed het om in die maatskappy te belê, goed beloon word. Vir ander sal dit 'n verlore geleentheid wees. 

Dit is egter nodig om jou eie navorsing oor die maatskappy te doen en te besluit op 'n belegging daarin aan jou behoeftes voldoen. Een van Warren Buffet se reëls is dat 'n mens die maatskappy waarin jy belê, goed moet verstaan. Hier is die inligting in elk geval weer ter agtergrond.

Redefine International
Redefine International is 'n maatskappy wat in eiendomsbeleggings en eiendomsontwikkeling spesialiseer. Die maatskappy het eiendomme in die Verenigde Koninkryk, Switzerland, Duitsland en die Kanaal Eilande. Benewens die fisiese eiendom, besit die groep ook beleggings in genoteerde sekuriteite in die behuisingsmark sektor in die Verenigde Koninkryk en Australië. Die eiendomme in Redefine se besit se verhuringsvlakke is volhoubaar en die kontantvloei positief. 

Redefine is op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer en kan dus maklik gekoop en verkoop word. Die kode van die aandeel is RIN en die prys was op 9 Oktober R6.40. 'n Duisend aandele sal 'n mens dus, sonder die kostes, R6 400 kos. Ek gebruik Sanlam se iTrade fasiliteit vir my aandeleverhandeling en die totale koste om 1 000 aandele te koop, is R189.47. Die totale koste om 'n aandeel in bogenoemde eiendomme te besit, is dus R6 589.47. Myns insiens beslis die moeitewerd vir die voordele wat dit bied.

Vir 'n relatiewe klein bedrag, kry 'n mens 'n inkomste in pond van 8% op die belegging. Dít beteken dat jou inkomste in randterme sal styg as die waarde van die rand daal. Nou weet die meeste lesers seker dat die waarde van die rand op die oomblik redelik sterk is. Die feit dat die pond tans redelik swak is, beteken dat Redefine 'n uitstekende randverskanser is.  


Die inligting in hierdie nuusbrief moet nie as spesifieke finanseële advies gesien word nie. My Welvaart aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies wat uit die advies mag voortspruit nie.



 


REGISTERED USER COMMENTS
No comments posted for this article.


© 2012 All works are copyright of their respective owners and may not be copied without their respective permission. All rights reserved.