PUBLISHER LINKS
My Wealth "Wealth through knowledge"
My publishing home page
View my blog
Subscribe to my newsletter      
Report this as offensive material

ARTICLE TITLE: Besit eiendom in Engeland, Switzerland, Duitsland en die Kanaaleilande vir slegs R6 589.47! 11/10/10, 9:54 AM
Page views:
Author: Manus Moolman for My Wealth

gold

Besit eiendom in Engeland, Switzerland, Duitsland en die Kanaaleilande vir slegs R6 589.47!

Ons doel is om lesers te help om welvaart te skep, deur hulle te help om inkomste te verhoog en uitgawes te verlaag.

Debt Rescue

African Bank

 





It's tangible, it's solid, it's beautiful. It's artistic, from my standpoint, and I just love real estate  
Donald  Trump 

Beste Reader, ek het onlangs die volgende brief van George en Marti Greaves van Somerset-Oos ontvang:

"Goeiedag Manus, ons het jou boek "Skep Welvaart" gekoop en geweldig geniet. Ons besit 'n aandeel portefeulje wat ons self hanteer, maar wil graag in eiendom diversifiseer. Ons wil nie eiendom koop nie. Het 'n bedrag van R600 000 wat ons kan belê sowel as 'n bedrag maandeliks. Ons is tans 59 jaar oud en beoog om ten minste nog 8 jaar te werk as alles goed gaan.

Kan jy asb. vir ons raad gee om ons geld effektief te belê in effektetrusts, aandele of Property Loan Stocks."

Hierdie navraag en die talle ander oor eiendomsbeleggings wat ek die laaste tyd ontvang het, het my laat besluit om inligting oor 'n paar uitstekende geleenthede met lesers te deel. 

Eiendomsbeleggings vul 'n unieke plek in elke gebalanseerde beleggingsportefeulje. Dit is nogal 'n unieke bateklas, al is dit seker die bekendste bateklas omdat almal van ons op 'n manier met eiendom te doen het. Almal woon in eiendom, en party wat dit kan bekostig, koop eiendom en verhuur dit.

Eiendomsbeleggings het egter ook ooreenkomste met in ander bateklasse. Soos by aandele, kan die waarde van beleggingskapitaal styg of daal. Oor die algemeen is eiendomsbeleggings egter nie so volatiel as aandeelbeleggings nie. Soos by kontant en staatseffekte, ontvang beleggers 'n belasbare inkomste.  In hierdie geval is die verskil dat die kapitaal by kontant en effekte konstant bly.

Die persentasie van jou portefeulje wat in eiendom behoort te wees, sal van individuele omstandighede en die doelwit van die belegging afhang.  

Alhoewel eiendom 'n bekende bateklas is, is dit nie almal beskore om in vaste eiendom te belê nie. Veral nie jongmense wat pas begin werk nie. Hulle eerste prioriteit mag dalk wees om eers 'n eie eiendom te koop. 

Daarmee saam, is daar ook risiko's aan beleggings in vaste eiendom wat verhuur word. Jy moet 'n geskikte huurder kry en as die rentekoerse hoër as die verhuringskoers styg, moet jy inbetaal. Beleggings in vaste eiendom is ook nie baie likied nie. Om aandele in Anglo American te verkoop, neem enkele sekondes, terwyl dit veel langer neem om 'n woonhuis te verkoop. dit kan selfs wees dat 'n mens geen koper vir die huis kry nie! Die koste is ook aansienlik hoër as in die geval van kontant of aandele. 

Al kan jy nie vaste eiendom vir beleggingsdoeleiendes aanskaf nie, is dit egter steeds moontlik om in die voordele van eiendomsbeleggings te deel. Hier is 'n paar moontlikhede: 

Genoteerde Eiendomsaandele
Genoteerde eiendomsaandele is aandele wat op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer is en in eiendomsbeleggings spesialiseer. Voorbeelde is Redefine, Growthpoint, Hyprop, Resilient en Vukile.

Die maatskappye maak uit die verhuring van eiendom wins en hierdie wins word aan aandeelhouers uitbetaal. Aandeelpryse van genoteerde eiendomsmaatskappye het 'n inverse verhouding met rentekoerse - as rentekoerse daal, styg aandeelpryse van genoteerde eiendom en as koerse styg, daal eiendomsaandeelpryse.

Deur in genoteerde eiendomsaandele te belê, kry beleggers toegang tot industrieële eiendom terwyl individuele beleggers gewoonlik net tot residensiele eiendom toegang het. 'n Mens hoef nie huurgeld in te vorder of enige bestuurswerk te doen nie - professionele mense doen dit vir jou.  

Op die oomblik val my keuse op Redefine International wat sowat twee maande gelede genoteer het. 

Redefine International
Redefine International is 'n maatskappy wat in eiendomsbeleggings en eiendomsontwikkeling spesialiseer. Die maatskappy het eiendomme in die Verenigde Koninkryk, Switzerland, Duitsland en die Kanaal Eilande. Benewens die fisiese eiendom, besit die groep ook beleggings in genoteerde sekuriteite in die behuisingsmark sektor in die Verenigde Koninkryk en Australië. Die eiendomme in Redefine se besit se verhuringsvlakke is volhoubaar en die kontantvloei positief. 

Redefine is op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer en kan dus maklik gekoop en verkoop word. Die kode van die aandeel is RIN en die prys was op 9 Oktober R6.40. 'n Duisend aandele sal 'n mens dus, sonder die kostes, R6 400 kos. Ek gebruik Sanlam se iTrade fasiliteit vir my aandeleverhandeling en die totale koste om 1 000 aandele te koop, is R189.47. Die totale koste om 'n aandeel in bogenoemde eiendomme te besit, is dus R6 589.47. Myns insiens beslis die moeitewerd vir die voordele wat dit bied.

Vir 'n relatiewe klein bedrag, kry 'n mens 'n inkomste in pond van 8% op die belegging. Dít beteken dat jou inkomste in randterme sal styg as die waarde van die rand daal. Nou weet die meeste lesers seker dat die waarde van die rand op die oomblik redelik sterk is. Die feit dat die pond tans redelik swak is, beteken dat Redefine 'n uitstekende randverskanser is.  

Investec Property Equity Fund
Reader, as jy nie self kans sien om in aandele te verhandel nie, is effektetrusts 'n goeie opsie. Hier val my keuse op Investec se Property Equity Fund.

Die Investec Property Equity Fund fokus op eiendomsaandele wat op die Suid-Afrikaanse Effektebeurs genoteer is en rente-inkomste lewer - spesifiek eiendomseffektetrusts and die sogenaamde property loan stocks. 

Volgens die gerespekteerde navorsingspan van Glacier, die beleggingsplatvorm in die Sanlam stal, was die fonds "tradisioneel die meer aggressiewe opsie in die vaste eiendom effektetrust kategorie, maar as gevolg van die onseker omgewing, fokus die huidige beleggingstrategie op inkomste-sekerheid bo kapitaalgroei. Die beleggingspan benut Investec Property Investments se deeglike navorsing om te help met die keuring en seleksie van genoteerde eiendom sekuriteite.

Die jaarlikse prestasie van die fonds tot aan die einde van Junie 2010 was 23.85%, 'n onderprestasie van beide die sektor gemiddelde, wat 'n jaarlikse opbrengs van 24.21% gelewer het, en die maatstaf wat 29.02% gelewer het. Oor die langer termyn is die fonds steeds 'n top-presteerder, met 'n plasing van tweede en eerste oor die 3 en 5 jaar tydperke onderskeidelik."

Reader, alhoewel eiendom 'n plek in die meeste beleggingsportefeuljes het, moet jy onthou dat bogenoemde inligting slegs bedoel is om inligting te deel en nie spesifieke advies nie. Kontak jou finansiële adviseur of makelaar sommer nou om jou beleggingstrategie te bespreek.


Die inligting in hierdie nuusbrief moet nie as spesifieke finanseële advies gesien word nie. My Welvaart aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies wat uit die advies mag voortspruit nie.





REGISTERED USER COMMENTS
No comments posted for this article.


© 2012 All works are copyright of their respective owners and may not be copied without their respective permission. All rights reserved.