PUBLISHER LINKS
My eBroker "Wealth through knowledge"
My publishing home page
View my blog
Subscribe to my newsletter      
Report this as offensive material

ARTICLE TITLE: Is it possible to sell property in a trust as an entity to save transfer duties? 09/06/10, 7:39 PM
Page views:
Author: Manus Moolman for My eBroker
gold

Plaas jou besigheid op die wenpad met 'n professionele sakeplan


Ons doel is om lesers te help om welvaart te skep, deur hulle te help om inkomste te verhoog en uitgawes te verlaag

Instantlife

Debt Rescue

African Bank

 

Having no plan is like sailing the seven seas without a compass, digging a ditch without a shovel, or hunting for pirate's treasure without an 'x' marks the spot. A plan helps keep you on schedule, makes it easier to recognize success and failure, helps pump you up when things aren't going so well, and most importantly, provides an essential focus - a beacon of light in an ocean full of treachery.
Peter J. Patsula

Reader, min mense word super-ryk deur vir 'n gewone salaris te werk. Dit is suksesvolle sakemanne en besigheidsleiers wat die groot geld maak. Waarom word ons dan nie almal sakemanne nie? Die harde realiteit is dat dit nie so maklik is om 'n suksesvolle besigheid te bedryf nie. Die aantal besigheide wat binne die eerste twee jaar ondergaan, getuig hiervan.

Gelukkig is daar baie wat gedoen kan word om die kans op sukses te verhoog. Een van die fondamente van 'n suksesvolle besigheid, is 'n sakeplan.

Ons het mnr. Hansie Britz gevra om sy kennis in hierdie verband met ons te deel. Mnr. Britz het 30 jaar in die bankwese en besigheidsw
êreld deurgebring. Tans praktiseer hy as 'n Kleinsake Konsultant.    

Wat is 'n sakeplan?
'n Sakeplan is 'n instrument / dokument wat al die planne van die besigheidseienaar rakende alle aspekte van sy besigheid uiteensit. Die dokument kan gebruik word om planne, strategie en taktiek te kommunikeer na bestuurders, vennote en beleggers. Dit word ook gebruik wanneer daar aansoek gedoen word vir besigheidsfinansiering. Die sakeplan bevat beide strategiese en taktiese doelwitte, en kan formeel of informeel wees. 'n Plan kan in die vorm van 'n "servet in jou kop" of 'n eenvoudige "take om te doen" wees.

Indien besigheidseienaars met die vraag of hulle 'n plan het, gekonfronteer word, sal hulle altyd reageer met "natuurlik". Wanneer hulle egter gevra word om dit te verduidelik, sal hulle gewoonlik met 'n vae oorsig van hulle doelwitte te voorskyn kom. (Soos ons in 'n vorige nuusbrief gesien het, behoort doelwitte duidelik en meetbaar te wees red.).


Sakeplanne as kommunikasie middel

'n Sakeplan word gebruik om te verduidelik hoe 'n sekere strategie die kanse sal verhoog om sukses in 'n nuwe onderneming te behaal of om die werkverrigting van 'n bestaande besigheid te verbeter. Dit kan ook gebruik word om besprekings tussen besigheidsvennote te fasiliteer wanneer hulle moet ooreenstem en hulle planne dokumenteer. Dit word ook gebruik om met regeringsamptenare te kommunikeer wanneer sekere aspekte van die plan goedgekeur moet word en dan natuurlik ook vir potensiële beleggers, banke of privaat individue wat die besigheid of uitbreiding kan finansier.


Benodig alle besighede 'n sakeplan?

Natuurlik. Elke besigheid benodig 'n sakeplan. Deur 'n volledige plan voor te berei, word 'n geleentheid geskep om 'n kragtige besigheidsontwikkeling strategie te skep wat die volgende doelwitte behoort insluit:

  1. Om finansiering te bekom om 'n besigheid te begin.
  2. Om finansiering te bekom om 'n besigheid uit te brei.
  3. Deur meer georganiseerd te wees en jou kanse op sukses te verbeter.
  4. Om die waarde van 'n besigheid te identifiseer en 'n plan voor te berei vir die verkoop daarvan.
  5. Ontwikkel 'n plan om 'n besigheid te koop.
  6. Ontwikkel 'n bestuursopvolgplan om aftrede te fasiliteer.
  7. Om nuwe lewe in 'n besigheid te blaas en om nuwe markte en besigheidsgeleenthede te identifiseer.
  8. Om te herorganiseer sodat meer vrye tyd weg van die besigheid geniet kan word.
  9. Ontwikkel 'n finansiële plan om winsgewendheid te verhoog.
  10. Verhoog winsgewendheid deur streng bestuur van personeel en hulpbronne.
  11. Verduidelik doelwitte, mikpunte en strategieë in 'n vennootskap of korporasie met veeltalige direkteure.
  12. Verhoog doeltreffenheid en bestuur van prosesse. 

KOOP U 'N BESIGHEID / KONSESSIE (FRANCHISE) OF BREI U UIT? KONTAK HANSIE BRITZ

Ons kan u help met:
  1. Professionele besigheidsplanne
  2. Professionele bemarkingsplanne
  3. Lewensvatbaarheidstudies
  4. Besigheidsprofiele
  5. Kontantvloeibeplanning
  6. Kleinsake ondersteuning
  7. Leningsaansoeke
Kontak Libra Small Business Consultants
Tel: (011) 704 1248 of 084 583 3143
Faks: (011) 704 1249
e-Pos: money@global.co.za
Webwerf: www.librafunding.co.za 






REGISTERED USER COMMENTS
No comments posted for this article.


© 2011 All works are copyright of their respective owners and may not be copied without their respective permission. All rights reserved.