ARTICLE TITLE: Helelewensversekering - die goedkoopste manier om likiditeit in ’n boedel te skep
07/02/10, 1:18 PM
Page views:
Author: Manus Moolman for My Wealth
e
Remskoenstraat. 544 Posbus 70557 Die Wilgers Pretoria 0041 Tel (012) 807-5150 Sel 082 740 6793www.myebroker.info support@myebroker.co.za
Blitsnuus
My e-Broker
Die beste manier om geld te maak, is deur My e-Broker te gebruik. My e-Broker is 'n rewolusionêre nuwe finansiële rekenaarprogram. In een program kry jy advies om jou persoonlike welvaart te bou, praktiese geldmaak idees en volledige sakeplanne.
Daar is baie boeke wat handel oor onderafdelings van welvaartskepping, bv. boeke oor beleggings, maar daar is min boeke wat ’n meer holistiese benadering tot welvaartskepping volg. Manus Moolman (D.Phil) bespreek ‘n groot aantal van die aspekte wat belangrik is vir welvaartskepping en gee ook baie bruikbare praktiese riglyne wat idees in dade oorsit. Die heel lekkerste is dat Manus in Afrikaans hierdie begrippe en prosesse vir die welvaartskepper oopmaak.Gerhard Lampen - Hoof van Sanlam iTrade
In 'n resensie van "Skep welvaart.., sê Prof Japie Kroon van die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom, die volgende: "Skep welvaart is 'n boek wat elke mens wat finansieel onafhanklik wil wees, moet lees. Die voordeel wat 'n mens daaruit kan kry, maak die prys van R200 kleingeld."
Helelewensversekering: Die goedkoopste manier om likiditeit in 'n boedel te skep
Helelewensversekering duur vir die hele lewe van die versekerde. Premies word betaal tot die versekerde sterf en dan word die polisvoordele aan afhanklikes uitbetaal.
Soos in die vorige nuusbrief genoem, is termynversekering goedkoper, maar is dit nie onder alle omstandighede geskik nie. Helelewens word aanbeveel wanneer:
Die behoefte aan versekering permanent is.
Die behoefte slegs ontstaan as die versekerde sterf.
Die versekerde nie kontantuitbetalings van die polis verwag nie.
Voorbeelde van geldige redes om helelewenspolisse uit te neem is:
Om kapitaal - en inkomstebehoeftes te voorsien as 'n broodwinner te sterwe kom.
Om as sekuriteit te dien wanneer vir 'n huisverband aansoek gedoen word. Hoewel 'n termynpolis ook hiervoor deug.
Wanneer 'n erflater 'n onverdeelbare bate het, kan die onverdeelbare bate aan een erfgenaam nagelaat word en 'n gelykwaardige bedrag / bedrae aan die ander erfgenaam / erfgename nagelaat word.
Om skuld van die broodwinner af te betaal as hy of sy te sterwe kom.
Helelwenspolisse is die goedkoopste manier om likiditeit in 'n boedel te skep.
As die oorspronklike doel van die helelewenspolis verval, kan 'n mens bepaal of daar 'n kontantwaarde is en die fondse gebruik om jou pensioeninkomste aan te vul.
BELANGRIK: Hierdie e-pos is as algemene inligting bedoel en nie as spesifieke raad nie. My Welvaart beskou die inligting as betroubaar, maar waarborg nie die akkuraatheid daarvan. My Welvaart aanvaar ook nie enige aanspreeklikheid vir verliese wat gely mag word nie.
Dankie vir u belangstelling. Vriendelike groete, Dr. Manus Moolman, Besturende Direkteur, My Welvaart