Remskoenstraat. 544 Posbus 70557 Die Wilgers Pretoria 0041 Tel (012) 807-5150 Sel 082 740 6793www.myebroker.info support@myebroker.co.za
Blitsnuus
My e-Broker
Die beste manier om geld te maak, is deur My e-Broker te gebruik. My e-Broker is 'n rewolusionêre nuwe finansiële rekenaarprogram. In een program kry jy advies
om jou persoonlike welvaart te bou, praktiese geldmaak idees en volledige sakeplanne.
Daar is baie boeke wat handel oor onderafdelings van welvaartskepping, bv. boeke oor beleggings, maar daar is min boeke wat ’n meer holistiese benadering tot welvaartskepping volg. Manus Moolman (D.Phil) bespreek ‘n groot aantal van die aspekte wat belangrik is vir welvaartskepping en gee ook baie bruikbare praktiese riglyne wat idees in dade oorsit. Die heel lekkerste is dat Manus in Afrikaans hierdie begrippe en prosesse vir die welvaartskepper oopmaak.Gerhard Lampen - Hoof van Sanlam iTrade
In 'n resensie van "Skep welvaart.., sê Prof Japie Kroon van die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom, die volgende: "Skep welvaart is 'n boek wat elke mens wat finansieel onafhanklik wil wees, moet lees. Die voordeel wat 'n mens daaruit kan kry, maak die prys van R200 kleingeld."
Lewensversekering is vir baie mense 'n noodsaaklike ergenis. Baie is onderverseker. Tog is lewensversekering die fondasie van finansiëlele sekuriteit. Om lewensversekering te koop, is ander as enige ander aankope wat ons maak. Wanneer jy jou premies betaal, koop jy die toekomstige finansiële sekuriteit van jou familie en dit is iets wat slegs lewensversekering kan verskaf.
Om 'n lewensversekering produk te koop, is 'n belangrike besluit, maar dit kan ingewikkeld wees om die regte keuse te maak. My raad is egter dat mens 'n eenvoudige produk moet kies wat jy
verstaan en wat aan jou behoeftes voldoen.
Lewensversekering kan ook by ander finansiële doelwitte van nut wees, soos om aftrede te of opleiding van kinders te befonds. 'n Mens moet egter net seker maak of daar nie beter opsies as versekeringsprodukte is om aan laasgenoemde behoeftes te voldoen nie. Die grootste waarde van versekeringsprodukte is dat dit beskerming bied en nie om vir toekomstige doelwitte te spaar
nie.