Sign up today for a Free Trial on MyListManager

SCOUR THE NEIGHBOURHOOD

 
 FEATURED ARTICLES
Newsletters for Small Business

 
 MOST POPULAR PUBLISHERS
PUBLISHER VIEWS
DiaMatrix: Website Des... 640,537
Hatched In Africa 423,926
Mary-Ann Shearer 298,825
Right Stuff 237,174
Conference Speakers In... 139,992
Eben Enslin 121,205

 
 MOST ACTIVE PUBLISHERS
PUBLISHER ARTICLES
Worship Him Ministries... 1,014
e-Woord 448
The Natural Way Netwok 256
Conference Speakers In... 170
Make a Life 166
Hatched In Africa 138

 
 MOST RECENT ARTICLES
Miscellaneous Exclusive How To ...
Religion What are you doing?
Computers Exclusive How To ...
Religion A WORD FOR TODAY ...
Events Upcoming Events &...
Financial Is it possible to...
Financial Is it possible to...

 
 TOP RATED ARTICLES
CATEGORY: FINANCIAL
Finansiële wenke vir 2010
The Art of High Risk Investment

 
 USERS CURRENTLY ONLINE
InfoMag
Member
philip
Member
I an
Member
Patricia
Member
Plus 3 others currenly online!

   
PUBLISHER LINKS
My eBroker "Wealth through knowledge"
My publishing home page
View my blog
Subscribe to my newsletter      
Report this as offensive material

ARTICLE TITLE: Die tyd om aan aftrede te begin dink was gister 03/17/10, 10:44 AM
Page views:
Author: Manus Moolman for My eBroker
e



Beste Reader,

Remskoenstr. 544 Posbus 70557 Die Wilgers Pretoria 0041
Tel (012) 807-5150 Sel 082 740 6793 www.
myebroker.info support@myebroker.co.za
16 Maart 2010



My e-Makelaar / My e-Broker


Die beste manier om geld te maak, is deur My e-Makelaar te gebruik. My e-Makelaar is 'n rewolusionêre nuwe finansiële rekenaarprogram. In een program kry jy advies om jou persoonlike welvaart te bou, praktiese geldmaak idees en volledige sakeplanne.


lees meer >


9 Beginsels vir welvaartskepping


Daar is baie boeke wat handel oor onderafdelings van welvaartskepping, bv. boeke oor beleggings, maar daar is min boeke wat ’n meer holistiese benadering tot welvaartskepping volg. Manus Moolman (D.Phil) bespreek ‘n groot aantal van die aspekte wat belangrik is vir welvaartskepping en gee ook baie bruikbare praktiese riglyne wat idees in dade oorsit. Die heel lekkerste is dat Manus in Afrikaans hierdie begrippe en prosesse vir die welvaartskepper oopmaak. Gerhard Lampen - Hoof van Sanlam iTrade

lees meer >
Finansiële onafhanklikheid vir die boer



Lees meer

Skep welvaart uit jou huidige inkomste



In 'n resensie van "Skep welvaart.., sê Prof Japie Kroon van die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom, die volgende: "Skep welvaart is 'n boek wat elke mens wat finansieel onafhanklik wil wees, moet lees. Die voordeel wat 'n mens daaruit kan kry, maak die prys van R200 kleingeld."

lees meer
 

 
 
DIE TYD OM AAN AFTREDE TE BEGIN DINK WAS GISTER







"daar is 'n tyd om gebore te word,
'n tyd om te sterwe,
'n tyd om te plant,
'n tyd om plante uit te trek,"
Prediker 3: 2

Dit is nooit te vroeg om te begin dink hoe jy vir jou aftrede voorsiening gaan maak nie. Elke dag se uitstel, maak dit moeiliker om dit eendag te kan bekostig om af te tree. Dink bietjie daaraan Reader: As jy 25 jaar oud is en op 65 wil aftree, het jy net 480 salaris tjeks oor om daarvoor te spaar! Die probleem is dat aftrede die laaste dink is waaraan 'n jongmens wil dink. 'n Motor moet dalk gekoop word, vaste eiendom moet aangeskaf word en dan wil mense hulle jongmenslewe darem ook geniet!

Dit beteken nie ouer mense kan niks meer aan aftrede doen nie. Daar kan wel baie gedoen word om jou aftreefonds maksimaal te benut. Lees hier meer oor Tien Planne om Jou Aftreefonds te Verbeter.

VERSEKERING: NOODSAAKLIKE BESKERMING OF GELD IN DIE WATER?

In die vorige nuusbrief het ek belowe om 'n kort reeks oor versekering in My Welvaart te begin. Voordat ons by die eerste aflewering kom, wil ek net terugvoer gee oor 'n opmerking wat ek in die vorige nuusbrief gemaak het. Ek het gesê dat ek as 54 jarige man, R500 000 se lewensdekking vir 'n premie van R159 per maand ontvang het. Dit is regtig  baie goedkoop en ek wil enige leser uitdaag om 'n beter kwotasie by 'n ander maatskappy te kry. Nietemin, ek het nie die maatskappy by wie ek die dekking gekry het, bekend gemaak nie. Na aanleiding van al die navrae wat ons by My Welvaart gekry het, doen ek dit nou graag. Ek het die dekking by Instant Life gekry. Hulle produkte is nie net goedkoop nie, maar op die man af  ontwerp en die sisteem werk vinnig en maklik. Reader, besoek gerus hulle webtuiste en kry 'n gratis kwotasie. Vergelyk dit dan met die premies wat ander maatskappye kwoteer. Ek is seker jy sal aangenaam verras wees.

Terug by ons reeks oor versekering. Dit is vir min mense 'n plesier om geld op versekering uit te gee. Inderwaarheid het ek nog niemand teengekom wat dit geniet nie. Baie mense besef egter dat dit noodsaaklik is om hulle teen risiko's te verseker. Die punt is dat dit kostedoeltreffend gedoen moet word. 'n Mens moet presies weet waarvoor jy versekering nodig het en nie oorverseker nie. As jy ekstra geld het wat jou pla, kan jy dit eerder belê.

Versekering word in twee basiese kategorieë verdeel naamlik korttermyn- en langtermyn versekering. Die doel van korttermynversekering is om jou besittings te beskerm en die doel van langtermynversekering is om jou lewe en gesondheid te beskerm. In die volgende nuusbrief sal belangrike begrippe binne langtermynversekering uitgelig word.

INSTANT LIFE

Wat ek van Instant Life hou, is die volgendes:

  1. Kwotasies kan maklik en vinnig op die internet verkry word.
  2. Die premies is aansienlik goedkoper as tradisionele versekering. Een van die beloftes wat My Welvaart maak, is om lesers te help om tot 50% op lewensversekering te spaar. Instant Life maak dit vir ons moontlik om ons belofte gestand te doen.
  3. Die produkte is eenvoudig en maklik verstaanbaar, maar behoort aan die grootste persentasie van 'n mens se versekeringsbehoeftes te voldoen.

Instantlife

YOU INSURE
You Insure maak daarop aanspraak dat hulle:
  1.  'n Mens gemiddeld 32% op versekering bespaar.
  2. 'n Vinnige diens lewer.
  3.  Onpartydige advies lewer.
  4. 'n Mens die keuse het om 'n makelaar  of hulle direkte diens te gebruik.
  5. Meer as  100 000 tevrede kliënte het.
  6. Resultate waarborg.
Ek het hulle diens getoets deur hulle inbelsentrum te bel en binne minute het 'n vriendelike en opgeleide persoon my teruggeskakel. My ervaring van die diens wat hulle lewer was dus positief.

YouInsure

KOSTEBESPARING
In rugby is verdediging net so belangrik as aanval - alhoewel aanvallende spelpatrone meer populêr is. In welvaartskepping is kostebesparing net so belangrik as om jou inkomste te verhoog. 'n Mens moet dus altyd jou oë oophou om te kyk waar jy kostes kan bespaar, al is dit nie so opwindend om te dink hoe kostes bespaar kan word nie.

In 'n artikel wat onlangs in The Times verskyn het, word op navorsing gewys wat Neotel gedoen het. In die navorsing is gevind dat 'n mens gemiddeld 20% kan spaar deur jou aankope op die internet te doen! Suid-Afrikaners is blykbaar besig om dit agter te kom want aanlyn verkope groei teen 'n koers van 35% per jaar! Daar is ook gevind dat "with the latest security technology and encryption techinques, websites were becoming fraud-proof"

In die Neotel studie word die volgende areas ge
ïdentifiseer waar 'n mens met aanlyn aankopte kostes kan bespaar:
  1. Brandstof en slytasie koste van die voertuig wat gebruik word om die aankope te doen, word bespaar.
  2. Tyd word bespaar.
  3. Die kans op impulsiewe aankope word verminder.
  4. Wanneer kruideniersware gekoop word, word die eksakte hoeveelheid bestel en binne 24 uur afgelewer.
  5. Die internet is 24 oop en potensieël gevaarlike ritte na outomatiese tellermasjiene word vermy.



 
Dankie vir u belangstelling.

Vriendelike groete,
Dr. Manus Moolman,
Besturende Direkteur,
My Welvaart
 
544 Remskoenstraat
Die Wilgers
0041
Suid-Afrika
(T) 012 807 -5150
(F) 086 562 8873
info@myebroker.co.za
www.myebroker.info

REGISTERED USER COMMENTS
No comments posted for this article.


© 2010 All works are copyright of their respective owners and may not be copied without their respective permission. All rights reserved.


©2003 - MyListManager.co.za
A Division of DiaMatrix
Tel: 0861 100 698
1 Zuid Street, Bagleyston
Johannesburg, South Africa
sales@diamatrix.co.za