ARTICLE TITLE: Hoe om R12 000 in R393 177 te verander!
03/02/10, 9:27 AM
Page views:
Author: Manus Moolman for My eBroker
Beste Reader,
Remskoenstr. 544 Posbus 70557 Die Wilgers Pretoria 0041 Tel (012) 807-5150 Sel 082 740 6793www.myebroker.info support@myebroker.co.za
Maart 2010
Volume 2 Nr. 3
My e-Makelaar / My e-Broker
Die beste manier om geld te maak, is deur My e-Makelaar te gebruik. My e-Makelaar is 'n rewolusionêre nuwe finansiële rekenaarprogram. In een program kry jy advies om jou persoonlike welvaart te bou, praktiese geldmaak idees en volledige sakeplanne.
Daar is baie boeke wat handel oor onderafdelings van welvaartskepping, bv. boeke oor beleggings, maar daar is min boeke wat ’n meer holistiese benadering tot welvaartskepping volg. Manus Moolman (D.Phil) bespreek ‘n groot aantal van die aspekte wat belangrik is vir welvaartskepping en gee ook baie bruikbare praktiese riglyne wat idees in dade oorsit. Die heel lekkerste is dat Manus in Afrikaans hierdie begrippe en prosesse vir die welvaartskepper oopmaak.Gerhard Lampen - Hoof van Sanlam iTrade
In 'n resensie van "Skep welvaart.., sê Prof Japie Kroon van die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom, die volgende: "Skep welvaart is 'n boek wat elke mens wat finansieel onafhanklik wil wees, moet lees. Die voordeel wat 'n mens daaruit kan kry, maak die prys van R200 kleingeld."
Met 'n opskrif soos bogenoemde, klink dit of My Welvaart ook nou word-gou-ryk skemas aanmoedig - iets waarteen ons in die verlede ten sterkste gewaarsku het! Nee, ons het nie alle beginsels oorboord gegooi nie. Kort paaie om geld te maak, bestaan nie. Wat wel waar is, is dat geldige finansiële beginsels tot almal van ons se beskikking is, maar dat te min mense dit ken of toepas om welvaart te skep.
Een van hierdie beginsels is saamgestelde rente. Albert Einstein het volgens oorlewering die stelling gemaak dat saamgestelde rente een van die magtigste kragte in die heelal is. Die volgende voorbeeld onderstreep die geldigheid van die stelling.
Gestel twee vriende wat ewe oud is, Colin en Dawie, spaar maandeliks R100 teen 10% rente. Colin begin op 30 spaar, maar Dawie begin 10 jaar later. Omdat die Colin se belegging langer saamgestelde rente verdien, sal Dawie se belegging nog nie sy vriend sin inhaal as hulle sewentig word nie - al hou Dawie die hele tydperk aan spaar. Oor die tydperk het Colin R12 000 weggesit en saamgestelde rente het dit tot R393 177 laat groei. Dawie, daarenteen, het R37 200 weggesit,
maar eindig met R167 128 minder op sy naam.
Saamgestelde rente, of rente op rente, is dus daarvoor verantwoordelik dat R12 000 in hierdie voorbeeld in R393 177 verander! Veral jongmense kan by die beginsel baat. Alhoewel lewenskoste soos ons almal weet hoog is, moet elke jongmens 'n punt daarvan maak om 'n klein bedrag te spaar van die eerste salaristjek wat hy ontvang. Reader, dit is skrikwekkend om te dink dat 'n jongmens wat op 23 begin werk, tot op 65 net 504 salaris tjeks sal ontvang wat hy kan aanwend om op 65 af te tree. Elke salaris waarvan 'n deel nie gespaar word nie, is 'n geleentheid wat vir altyd verlore is.
'n Mens behoort dus in jou begroting vir 'n behoorlike spaar plan voorsiening te maak. Klik hier vir wenke by die opstelling van 'n
begroting: BEGROTING
Ouderdom
Colin
Dawie
30
R1 257
31
R2 645
32
R4 178
33
R5 872
34
R7 744
35
R9
811
36
R12 095
37
R14 618
38
R17 405
39
R20 484
40
41
R1 257
42
R2 645
43
R4 178
44
R5 872
45
R7 744
46
R9 811
47
R12 095
48
R14 618
49
R17 405
50
R20 484
51
R23 886
52
R27 644
53
R31 795
54
R36
381
55
R41 447
56
R47 044
57
R53 226
58
R60 056
59
R67 602
60
R75 937
61
R85 145
62
R95 317
63
R106 555
64
R118 969
65
R132 683
66
R147 834
67
R164 570
68
R183 057
69
R203 485
70
R393 177
R226 049
REEKS OOR VERSEKERING Om te veel versekering te hê, is 'n mors van geld en byna net so nadelig as om te min te hê. Wat korttermynversekering betref, mors mens gewoon geld as jy jou besittings te hoog verseker omdat versekeringsmaatskappye nie meer as die vervangingswaarde uitbetaal nie. Mens kan die deel van die deel van die premie wat onnodig is, eerder gebruik om te spaar.
Om jou teen risiko's te beskerm is egter so 'n integrale deel van 'n plan om welvaart te skep, dat dit in die negende beginsel vir welvaartskepping opgeneem is. Daarom is besluit om 'n kort reeks oor versekering te begin. Die eerste aflewering verskyn in die volgende nuusbrief.
Reader, as jy versekering nodig het, kan jy
gerus 'n bietjie huiswerk vir die komende reeks doen deur die webtuiste van een van die nuwe generasie versekeraars te besoek. Ek het gevind dat hulle premies uiters billik is en my eie lewensdekking onlangs met R500 000 aangevul. Die premie van R159 wat ek as 54 jarige man betaal, is werklik uitstekend.
Dankie vir u belangstelling. Vriendelike groete, Dr. Manus Moolman, Besturende Direkteur, My Welvaart