ARTICLE TITLE: Hoe die begroting jou besigheid raak
02/22/10, 7:17 PM
Page views:
Author: Manus Moolman for My eBroker
Beste Reader,
Remskoenstr. 544 Posbus 70557 Die Wilgers Pretoria 0041 Tel (012) 807-5150 Sel 082 740 6793www.myebroker.info support@myebroker.co.za
Februarie 2010
Volume 2 Nr. 2
My e-Makelaar / My e-Broker
Die beste manier om geld te maak, is deur My e-Makelaar te gebruik. My e-Makelaar is 'n rewolusionêre nuwe finansiële rekenaarprogram. In een program kry jy advies om jou persoonlike welvaart te bou, praktiese geldmaak idees en volledige sakeplanne.
Daar is baie boeke wat handel oor onderafdelings van welvaartskepping, bv. boeke oor beleggings, maar daar is min boeke wat ’n meer holistiese benadering tot welvaartskepping volg. Manus Moolman (D.Phil) bespreek ‘n groot aantal van die aspekte wat belangrik is vir welvaartskepping en gee ook baie bruikbare praktiese riglyne wat idees in dade oorsit. Die heel lekkerste is dat Manus in Afrikaans hierdie begrippe en prosesse vir die welvaartskepper oopmaak.Gerhard Lampen - Hoof van Sanlam iTrade
In 'n resensie van "Skep welvaart.., sê Prof Japie Kroon van die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom, die volgende: "Skep welvaart is 'n boek wat elke mens wat finansieel onafhanklik wil wees, moet lees. Die voordeel wat 'n mens daaruit kan kry, maak die prys van R200 kleingeld."
Die meeste ekonome is dit eens dat die minister van Finansies, mnr. Pravin Gordhan, hom in sy eerste begrotingsrede goed van sy taak gekwyt het. Die feit dat hy druk van links weerstaan het, is positief vir die aandelemark. Beleggers kan ook verlig wees dat hy nie aan die Reserwebank se mandaat verander of die inflasie teikens opgehef het nie. Oor die algemeen sal die begroting 'n positiewe uitwerking op die ekonomie h
ê.
My Welvaart moedig die ontwikkeling van nuwe besighede aan en daarom kyk ons in hierdie nuusbrief kortliks wat die belasting implikasie van die begroting op besighede is.
Mikro besighede met 'n omset van minder as R1-miljoen per jaar betaal soos volg belasting:
R0 - R100 000
0%
R100 - R300 000
1% van die bedrag bo R100 000
R300 001 - R500 000
R2 000 +3% van die bedrag bo R300 000
R500 001 - R750 000
R8 000 + 5% van die bedrag bo R500 000
R750 001 en bo dit
R20 500 + 7% van die bedrag bo R750 000
Onthou net dat 'n mens jou mikro besigheid as sodanig moet registreer om vir die koerse in aanmerking moet kom. Dit is egter van toepassing op Eenmansake, Beslote korporasies en Maatskappye.
Klein besigheidskorporasies betaal:
R0 - R57 000
0%
R57 001 - R300 000
10% van die bedrag bo R57 000
R300 001 en bo dit
R24 300 + 28% van die bedrag bo R300 000
Maatskappye betaal 'n vaste persentasie van 28% belasting.
Reader , sterkte met die ontwikkeling van jou onderneming - in watter stadium dit ook al is. As jy nie 'n eie onderneming het nie, moet jy nie die kans mis om ekstra geld te maak nie. Klik op die skakel BeMotivatedToday of op die advertensie hierbo en jy sal leer om 'n passiewe inkomste te skep wat jou huidige salaris kan aanvul.
DOELWITBEPLANNING
Na die vorige nuusbrief oor doelwitbeplanning, het die navrae om hulp ingestroom. Ons wil lesers net daarop wys dat werksblaaie om jou eie doelwitte te beplan, GRATIS by die volgende skakel afgelaai kan word: Financial Objective Worksheet
SPESIALE AANBIEDINGE
Let asb daarop dat die spesiale aanbiedinge nog net tot die einde van Februarie geld. Daar is dus net enkele dae oor om geld op aankope te spaar. Kliek sommer nou hier om die geleentheid nie te mis nie.
Dankie vir u belangstelling. Vriendelike groete, Dr. Manus Moolman, Besturende Direkteur, My Welvaart