Remskoenstr. 544 Posbus 70557 Die Wilgers Pretoria 0041 Tel (012) 807-5150 Sel 082 740 6793www.myebroker.info support@myebroker.co.za
1 Desember 2009
Volume 1 Uitgawe 12
My e-Makelaar / My e-Broker
Die beste manier om geld te maak, is deur My e-Makelaar te gebruik. My e-Makelaar is 'n rewolusionêre nuwe finansiële rekenaarprogram. In een program kry jy advies om jou persoonlike welvaart te bou, praktiese geldmaak idees en volledige sakeplanne.
Daar is baie boeke wat handel oor onderafdelings van welvaartskepping, bv. boeke oor beleggings, maar daar is min boeke wat ’n meer holistiese benadering tot welvaartskepping volg. Manus Moolman (D.Phil)
bespreek ‘n groot aantal van die aspekte wat belangrik is vir
welvaartskepping en gee ook baie bruikbare praktiese riglyne wat idees
in dade oorsit. Die heel lekkerste is dat Manus in Afrikaans hierdie
begrippe en prosesse vir die welvaartskepper oopmaak.Gerhard Lampen - Hoof van Sanlam iTrade
In 'n resensie van "Skep welvaart.., sê Prof Japie Kroon van die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom, die volgende: "Skep welvaart is 'n boek wat elke mens wat finansieel onafhanklik wil wees, moet lees. Die voordeel wat 'n mens daaruit kan kry, maak die prys van R200 kleingeld."
DOELWITBEPLANNING TE WERK! - AS JY DIT REG AANPAK.
Die begin van 'n nuwe jaar is 'n ideale tyd om mens se doelwitte te hersien, of, as jy nie het nie, onmiddelik aan die werk te spring en te beplan wat jy die jaar wil bereik. Sonder duidelik geformuleerde doelwitte is dit nie moontlik om op enige lewensterrein suksesvol te wees nie, veral nie waar dit by welvaartskepping kom nie.
Sogenaamde doelwitte wat net vae voornemens is, is van min waarde. Daar is eenvoudige kriteria waaraan doelwitte moet voldoen om te werk. Doelwitte moet:
Eenvoudig wees. Wanneer jy vir iemand vertel wat jou doelwitte is, moet hy of sy onmiddelik snap wat jy bedoel.
Spesifiek wees.
Bereikbaar wees. Anders as 'n ambisieuse visie wat 'n sakeman vir sy besigheid het wat nooit ten volle bereik kan word nie, is doelwitte kleiner bereikbare eenhede.
Meetbaar wees. 'n Mens moet kan meet of jy jou doelwitte bereik het.
Buigsaam wees om by veranderende omstandighede aan te pas.
Geprioritiseer word.
Ekonomiese sin maak.
Aan 'n tydskedule gekoppel wees.
Verskillende doelwitte moet nie bots nie.
Om 'n bietjie te help om jou eie doelwitte op te stel, volg hier 'n paar voorbeelde:
Verhoog jou netto batewaarde. Een van die maniere om welvaart te meet, is om jou netto batewaarde te bepaal. Dit word gedoen deur jou totale laste van jou totale bates af te trek. As jou netto batewaarde
meer as inflasie groei, skep jy
welvaart. Jy kan byvoorbeeld besluit om jou netto batewaarde jaarliks met 'n vasgestelde persentasie te verhoog. Dit moet met 'n groter koers as die inflasiekoers verhoog word anders skep jy nie werklik welvaart nie. 'n Mens kan jou netto batewaarde verhoog deur jou skuld te verminder of die waarde van jou bates te verhoog.
Spaar vir finansiële onafhanklikheid. Finansiële onafhanklikheid is gewoonlik 'n langtermyn doelwit. Daar is twee belangrike dinge wat hier besef moet word. a) Hierdie spaargeld moet nie vir korttermyn doelwitte aangewend word nie en b) 'n ander strategie moet vir langtermyn as vir
korttermyn doelwitte gevolg word. 'n Mens kan byvoorbeeld, met die oog op groter groei, meer riskante beleggingsportefeuljes vir langtermyn doelwitte saamstel.
Spaar vir luukse items soos 'n Nikon kamera of 'n plat skerm televisie. In teenstelling met bogenoemde langtermyn spaarplan, sal om vir sulke items te spaar, waarskynlik 'n korttermyn strategie en konserwatiewe bateklasse vereis. Om uit te werk hoeveel gespaar moet word, moet veranderlikes soos die rente- en inflasiekoers in ag geneem word. My eMakelaar kan gebruik word om die berekeninge maklik self te
doen.
Omskep jou stokperdjie in 'n besigheidsgeleentheid. Baie lesers van ons nuusbrief het wonderlike talente en beoefen stokperdjies wat hulle baie geld uit die sak jaag, maar niks inbring nie. As 'n mens weet hoe, is daar baie goeie planne om hope geld uit die plesier van 'n stokperdjie te maak. Besoek My eBroker vir meer inligting.
DIE SLAGGAT OM VAN JOU DOELWITTE AF TE WYK Alhoewel doelwitte buigsaam moet wees, moet mens nooit in die slaggat trap om ligtelik daarvan af te wyk nie. Jy moet eers op 'n verandering van strategie besluit as jy weer
deeglik na jou oorspronklike beplanning gekyk het en 100% seker is 'n verandering is nodig.
'n Tyd gelede het ek self amper in die slaggat getrap. My vrou het oor die jare 'n belegging in Satrix Divi opgebou. Die doelwit daarvan is om haar pensioen eendag met 'n belastingvrye dividend inkomste aan te vul. Omdat die Suid-Afrikaanse aandelemark die afgelope jaar aansienlik gegroei het, het die algemene indeks betreklik duur begin raak en moes 'n mens baie noukeurig na aandele soek wat nog waarde bied.
Ek het dit toe byna oorweeg om haar aan te raai om die geld na ons gesamentlike aandele portefeulje oor te plaas sodat ek dit kan aanwend as ek beleggingsgeleenthede in ondergewaardeerde aandele raaksien. Gelukkig het ek my betyds bedink en toe die algehele indeks van die
aandelemark teen einde Januarie onder 27 000 punte draai, kon sy haar Satrix belegging aanvul.
NB: Let wel dat bogenoemde algemene idees is en nie as individuele advies beskou moet word nie. Raadpleeg jou makelaar of finansiële beplanner daarvoor.
SPESIALE AANBIEDINGE
Begin Februarie gaan baie mense nog gebuk onder al die uitgawes wat gedurende die Desember vakansie aangegaan is. Daarom het ons besluit om spesiale afslag pryse op geselekteerde produkte tot einde Februarie op ons webblad aan te bied. Kliek sommer nou hier om deel te wees van die pret.
Dankie vir u belangstelling.
Vriendelike groete,
Dr. Manus Moolman,
Besturende Direkteur,
My Welvaart