Remskoenstr. 544 Posbus 70557 Die Wilgers Pretoria 0041 Tel (012) 807-5150 Sel 082 740 6793www.myebroker.info support@myebroker.co.za
1 Desember 2009
Volume 1 Uitgawe 12
My e-Makelaar / My e-Broker
Die beste manier om geld te maak, is deur My e-Makelaar te gebruik. My e-Makelaar is 'n rewolusionêre nuwe finansiële rekenaarprogram. In een program kry jy advies om jou persoonlike welvaart te bou, praktiese geldmaak idees en volledige sakeplanne.
Daar is baie boeke wat handel oor onderafdelings van welvaartskepping, bv. boeke oor beleggings, maar daar is min boeke wat ’n meer holistiese benadering tot welvaartskepping volg. Manus Moolman (D.Phil)
bespreek ‘n groot aantal van die aspekte wat belangrik is vir
welvaartskepping en gee ook baie bruikbare praktiese riglyne wat idees
in dade oorsit. Die heel lekkerste is dat Manus in Afrikaans hierdie
begrippe en prosesse vir die welvaartskepper oopmaak.Gerhard Lampen - Hoof van Sanlam iTrade
In 'n resensie van "Skep welvaart.., sê Prof Japie Kroon die volgende: "Skep welvaart is 'n boek wat elke mens wat finansieel onafhanklik wil wees, moet lees. Die voordeel wat 'n mens daaruit kan kry, maak die prys van R200 kleingeld."
Om die jaar mee af te sluit, wil ons graag agt wenke om u persoonlike finansies in 2010 te bestuur, met u deel. Die idees is deur 'n filiaal van The New York Times, opgestel en deur ons vir My Welvaart verwerk.
Sorg dat jou werkgewer jou betaal wat jy werd is en spandeer minder as jou salaris of inkomste uit 'n besigheid. As jy vir 'n salaris werk, behoort jy op hoogte te wees van wat ander mense in soortgelyke poste verdien. Om minder uit te gee, moet 'n mens die gewoonte aan te leer om voortdurend oplettend te wees om uitgawes te beperk. Op My e-Makelaar is
daar praktiese handleidings wat jou sal help in die proses om 'n markverwante salaris te beding.
Stel 'n begroting op en hou daarby.
hierdie stukkie raad is nie nuwe nuus nie, maar tog is daar talle mense wat óf nie 'n begroting het nie óf nie daarby hou nie. Tog is dit 'n basiese voorvereiste vir sukses met jou persoonlike finansies.
Begin 'n spaar program. Om te spaar, is ook nie 'n nuwe idee nie. Dit verg nie spesiale opleiding of kundigheid nie. Dit verg wel dissipline en dit is dalk die rede waarom Suid-Afrikaners hopeloos te min spaar.
'n Mens moet ook 'n gereelde beleggingsplan hê. Om die regte belegging te kies, is dit nodig om eers huiswerk te doen. eerstens moet jy die doelwit van die belegging bepaal en daarna moet jy gaan vasstel watter belegging die beste aan die doelwit se vereistes sal voldoen.
Maksimaliseer jou wernemersvoordele. Maak die meeste van jou mediese en pensioenfonds en sorg dat jou salaris en moontlik toelae belasting gunstig gestruktureer is.
Om nie geld op onnodige kort- of lang termyn versekering te mors nie, moet 'n mens jou dekkings-behoeftes gereeld nagaan.
Hou jou testament op datum. As 'n mens afhanklikes het, is dit gebiedend noodsaaklik om 'n testament te hê, anders kan dit katestrofale gevolge vir jou afhanklikes
inhou.
Hou deeglik rekord van jou inkomste en uitgawes. Rekordhouding is nodig om 'n begroting op te stel, jou finansies doeltreffend te bestuur en jou belasting opgawe op te maak.
KRY U PERSOONLIKE SAKE REG VOOR DIE VAKANSIE Volgens die gesaghebbende publikasie van Emmett en Therese Vaughan oor risiko bestuur, het een uit elke vyf Amerikaner te min versekering. Wat die situasie in Suid-Afrika op die oomblik is, is nie aan ons bekend nie. Ons mening is wel dat Suid-Afrikaners nie juis bekend daarvoor is dat
hulle gebalanseerde versekeringsportefeuljes het nie.
Sommige het te veel ongeskiktheidsdekking en te min trauma dekking terwyl ander weer te veel korttermyn versekering het. Onthou dat 'n basiese riglyn vir versekering is dat 'n situasie wat voorheen bestaan het, herstel word nadat risiko toegeslaan het. Jy moet jouself dus nie in 'n beter posisie as voorheen bevind nadat 'n eis uitbetaal het nie. K
Kort termyn versekering betaal in elk geval net die vervangingswaarde uit. As jy te oorverseker, mors jy die geld wat vir die hoër premie aangewend is. Dit is veel beter om 'n gereelde beleggingsprogram te volg. Besoek gerus die webblad van een van ons vennote, Instant Life, om vas te stel of jy nie dalk op die premies van jou lewensversekering kan spaar nie.
NB: Let wel dat bogenoemde algemene idees is en nie as individuele advies beskou moet word nie. Raadpleeg jou makelaar of finansiële beplanner daarvoor.
Geseënde Kersfees Reader, namens die redaksie van My Welvaart, wil ons jou 'n rustige Desember en 'n geseënde Kersfees toewens. Mag die jaar op 'n hoogtepunt afsluit en mag die momentum in 2010 voortgesit word!
Dankie vir u belangstelling.
Vriendelike groete,
Dr. Manus Moolman,
Besturende Direkteur,
My Welvaart